Greenfern Lodge en Chalets
- Kapasiteit: 34 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Greenfern Fisanthoek-weg, Plaas 39 Fisanthoek, Plettenbergbaai, 6604, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Tydelik onbeskikbaar
Beskrywing
Greenfern Lodge and Chalets is op 'n plaas in die hartjie van 'n woud in Plettenbergbaai geleë en bied gerieflike en rustige verblyf aan vriende, familie of sakereisigers.
Die lodge is 'n dubbelverdiepinghuis van hout en klip wat oor 6 slaapkamers beskik en slaapplek aan 14 gaste bied. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 4 enkelbeddens wat in 'n dubbelbed omskep kan word indien nodig en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die derde, vierde, vyfde en sesde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens wat in 'n dubbelbed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die lodge het 'n gemeenskaplike kombuis en 'n oopplan-eetarea en -sitarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n eetarea met 'n etenstafel vir 12 wat na die sitarea lei waar daar gemaklike rusbanke, 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n kaggel is. Op die boonste verdieping is daar 'n groot leefarea en 'n dek met 'n uitsig oor die tuin en die swembad wat eksklusief vir die gebruik van die lodge se gaste is.
Buiten die lodge is daar ook 5 chalets met slaapplek vir 4 gaste elk. Elke chalet het 'n koningingrootte-bed, 'n slaapbank en 'n tussenverdieping met 'n ekstra matras. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring. Elke chalet het 'n kombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is.
Daar is ook 'n bankie en braaigeriewe by elke chalet. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel. Gratis WiFi is in al die eenhede beskikbaar wanneer daar sein is.
Die verblyf is 8 km vanaf die hoofpad op 'n grondpad en 'n halfuur se ry vanaf Knysna en Plettenbergbaai. Daar is baie om te doen in die area, van fiets- en staproetes tot wynproe, vierwielmotorfietsry, Zipline en ongerepte strande.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Annari Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Jaar gelys 1
Ligging
- Greenfern Fisanthoek-weg, Plaas 39 Fisanthoek, Plettenbergbaai, 6604, Wes-Kaap
- Gaste dink Greenfern Lodge en Chalets het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 34 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Greenfern Fisanthoek-weg, Plaas 39 Fisanthoek, Plettenbergbaai, 6604, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom