Greenways Akkommodasie by Greenways - Emerald Bay | LekkeSlaap
+33

Greenways - Emerald Bay

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Greenways Golf Beach , , Strand, 7149, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (vir 3 persone)

Beskrywing

Dié woonstel is in die voortreflike en baie gewilde Greenways Gholflandgoed geleë en is die ideale vakansiebestemming. Die landgoed het nie net uitstekende sekuriteit nie, maar fantastiese geriewe, soos die gholfbaan, klubhuis met restaurant, tennisbaan, braaigeriewe, swembad en veilige toegang tot die wandelpaadjies.

Hierdie luukse woonstel het 1 volledig toegeruste dubbelslaapkamer en 1 volledige badkamer. Die woonstel het 'n wonderskone uitsig oor die see en die omliggende Helderberge, en is stapafstand van al die geriewe af. Die ligging is uiters gerieflik vir reisigers wat besienswaardighede in die omliggende omgewing wil verken. Die woonstel is uitmuntend versier en gemeubeleer, en is toegerus met al die nodige toebehore vir gerieflike verblyf.

Wasgoedgeriewe is beskikbaar op die grondvloer. Rook is verbode in die woonstel om ons gaste se gerief te verseker, daar is 'n asbakkie op die balkon vir die rokers. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie en jy mag ook nie braai op die balkon nie - daar is braaigeriewe by die swembad. Die Strand se pragtige strand is 5 km lank; dit is die ideale plek vir die hele familie om te swem, luilekker in die son te bak en 'n verskeidenheid watersporte te beoefen. Strand is aan die oostelike kus van Valsbaai en die voet van die Hottentots-Hollandberge geleë, tussen Macassar en Gordonsbaai, 50 km (31 minute) van Kaapstad se stadskern af. Soos wat die naam aandui is die Strand se vernaamste toeriste-aantreklikheid die pragtige strand wat in die verte uitstrek al langs Valsbaai se sekel. Daar is ook 'n promenade met verskeie restaurante, kafees en winkels wat die kuslyn omsoom.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Arabies

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir Greenways - Emerald Bay
Netheid
4.7/5
Diens
4.3/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Greenways Golf Beach , , Strand, 7149, Wes-Kaap
  • Gaste dink Greenways - Emerald Bay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 3 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 3 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Greenways Golf Beach , , Strand, 7149, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk3N2YyZmJkLTQ0ZjQtNDA0OC04MGMzLTIwOWU2YjM2YmMyMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 3 persone) 3 5 1 5 Greenways Golf Beach Beach Road, Emerald Bay, C122 7149 Wes-Kaap 086 999 0018 13:00-19:00 12:00 -34.126575450853 18.835198599914
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za