Greystone Cottage
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barry-straat 14, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Greystone Cottage is 'n bekoorlike grasdakhuis wat van klei gebou is en met 'n lieflike uitsig op die berge en oor die tuin spog. Dit is in die middel van McGregor en is naby Edna Fourie Gallery en net 700 m vanaf die pragtige kerkgebou. Die dorp spog met talle wynplase en wingerde, stap- en voetslaanroetes en 'n rits besienswaardighede.
Die eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die leefarea het 'n enkelslaapbank vir 1 ekstra gas. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Die eetarea het 'n klein etenstafel en stoele waar gaste maaltye saam kan nuttig. Die kombuis is met 'n yskassie, gasstoof, oond, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die stoep lei na die groot tuin met braaigeriewe, sitplek, 'n lapa en 'n swaai. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Geen Rook Binnenshuis
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
5/5
Charel Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 3
Jaar gelys 6
Ligging
- Barry-straat 14, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barry-straat 14, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom