Grondjie-Gaatjie
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 22 Apr 2022 tot 31 Aug 2022 gemaak.
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Yorkstraat 19, De Kelders, Gansbaai, 6850, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R950R633 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Grondjie-Gaatjie bied gerieflike akkommodasie in 'n selfsorghuis of 'n selfsorgwoonstel in die kusdorpie De Kelders, net 5 minute van Gansbaai af.
Volle DStv is in albei eenhede beskikbaar.
Die selfsorghuis het sy eie ingang en bied slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Daar is 2 badkamers met 'n stort in die een en 'n bad in die ander een, 'n kombuis, sitkamer en eetarea in die hoofhuis. Gaste kan mooi see-uitsigte van die huis af geniet. Daar is 'n groot braai en 'n kuiertafel op die voorstoep
Die selfsorgwoonstel bied slaapplek vir 4 gaste. Daar is 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en dan ook 2 enkelbeddens in die leefarea. Daar is 1 en-suite-badkamer met toegang uit die kamer. Ook 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die woonstel is dus ideaal vir 'n gesin met 2 kinders
Beddegoed word voorsien vir albei eenhede en albei het ook toegang tot hul eie braaigeriewe en patio's.
Daar is 'n wasmasjien beskikbaar.
Rook is verbode en troeteldiere word nie toegelaat nie.
Grondjie-Gaatjie is net 17 km van Stanford af en 'n halfuur van Hermanus af.
Die perseel is in 'n doodloopstraat bo die lieflike Stanfordsbaai geleë. Die strand is windstil en omring met melkhoutbome
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Ligging
- Yorkstraat 19, De Kelders, Gansbaai, 6850, Wes-Kaap
- Gaste dink Grondjie-Gaatjie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in De Kelders Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Yorkstraat 19, De Kelders, Gansbaai, 6850, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom