Keurboomstrand Akkommodasie by Gulls Way | LekkeSlaap
+26
+26

Gulls Way

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R2 000 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 13, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Gulls Way is 'n bekoorlike hout-strandkothuis in Keurboomstrand naby Plettenbergbaai. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike wegbreekplek, na aan verskeie besienswaardighede op die Tuinroete. Daar is ook gratis WiFi.

Die kothuis bied lieflike see-uitsigte vanuit die agtertuin. Die kothuis het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n ekstra enkelslaapbank in die leefarea vir 'n kind. Die kothuis het dus slaapplek vir 4 volwassenes, maar 1 kind kan ook geakkommodeer word. Die badkamer beskik oor 'n stort, wasbak, en 'n aparte toilet.

Die kombuis is toegerus met al die nodige toebehore om etes voor te berei en daar is 'n aparte waskamer met 'n wasmasjien en strykgeriewe. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv. WiFi is ook beskikbaar. Daar is 'n lieflike, skaduryke tuin met 'n bankie buite waar jy kan sit en die see-uitsig geniet. Daar is ook braaigeriewe met sitplek. Van die ingang af is daar 'n mooi uitsig op die inheemse woud.

'n Toesluitmotorhuis is beskikbaar vir 1 motor. Ons is net 5 minute stap van die strand af en sowat 15 na 20 minute se ry vanaf Plettenbergbaai.

Let asb. daarop dat besprekings vir Matriek Plett Rage nie toegelaat word nie, aangesien die eenheid hopeloos te ver van die funksie is.

Slaapplek

’n Bespreking by Gulls Way sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kinderbank vir 1
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xKinderbank vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Gulls Way
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Hoofstraat 13, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gulls Way het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R2 000
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R2 000
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 13, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAwYqhxkHCKzZRHhuMLO0TPLPM0LrV0LkvuRrLuIs36xsc9wNurX?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (vir 4 persone) 4 5 1 5 13 Main Street Keurboomstrand 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.003119 23.456743
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za