Habitat

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 12 Jan 2020 tot 1 Mrt 2020.

Beskrywing

Hierdie selfsorgkothuis is onlangs opgeknap en is aan die einde van 'n doodloopstraat in die hartjie van Clarens geleë.

Die huis is pragtig ingerig om die plattelandse ervaring te vervolmaak en daar is gemaklike slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed, die gastekamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens (afhangende van jou voorkeur) en die derde slaapkamer beskik oor 'n stapelbed. Die en suite-badkamer in die hoofslaapkamer bevat 'n stort en 'n bad en die gastebadkamer het net 'n stort.

Habitat het 'n groot oopplan-leefarea met 'n kaggel en 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Die leefkamer bied toegang tot 'n patio met 'n stil tuintjie wat oor die berge uitkyk. Ander geriewe sluit 'n verwelkomingsdrankie, buitemeubels, veilige parkeerplek en braaigeriewe in.

Die kothuis is 'n stil wegbreekplekkie wat in 'n lieflike privaat tuin geleë is met ongelooflike berg-uitsigte. Dit is lekker naby restaurante, galerye en winkels geleë en ander doendinge in die omgewing sluit voetslaan, bergfietsry, voëlkyk en nog baie meer in.

Kinders van alle ouderdomme is welkom, maar ouers moet te alle tye verantwoordelikheid aanvaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Habitat sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Habitat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 300 R2 200 per nag (vir 6 mense)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 12 Jan 2020 tot 1 Mrt 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za