Hamilton Parks Country Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hamilton Parks Country Lodge is 'n gerieflike plattelandse hotel, geleë in 'n manjifieke 250 ha landgoed. Die gerieflike kamers, vriendelike personeel en uitstekende kos maak van Hamilton Parks die ideale oorblyplek.

Die lodge bestaan uit 5 individueel versierde slaapkamers, elkeen met 'n eie en suite-badkamer en 'n keuse van bedgroottes - dubbel, 2-enkelbed, en koninggrootte-beddens. 2 kamers kan 'n familie van 4 huisves.

Die eetkamer het 'n uitsig oor die groot tuin met sy enorme rubberboom wat oorgenoeg skadu in die somer bied. Die swembad en die knus kroegarea is naby die eetkamer en die hoof-hotel. Dié area is ideaal vir informele bymekaarkomste en lekker braai-aande (onthou om voor die tyd te bespreek).

Hamilton Parks Country Lodge se tuine is iets besonders. Dit is ideaal vir voëlkyk en heelwat kleinwild, soos apies, bosvarke, ystervarke, bosbokkies, gewone duikers, en selfs die seldsame rooiduiker, is hier te siene as jy jou oë oophou.

Die lodge is ten volle gelisensieerd. Kyk gerus hoe die son agter die heuwels sak terwyl jy teug aan 'n verfrissende drankie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hamilton Parks Country Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 160 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za