Happy Feet
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dasseneiland-rylaan 85, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 800R2 380 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Happy Feet is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis in die kusdorpie Yzerfontein. Die huis is geleë in Pearl Bay en is loopafstand vanaf die see.
Dié huis bied gerieflike verblyf aan 6 volwassenes en 4 kinders. Die huis is ruim en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n toegeruste Wendyhuis met 'n buitetoilet. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed met 'n ekstra enkelbed. Die derde kamer het 'n dubbelbed. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en hoekbad. Dié eerste kamer lei na 'n toegeboude balkon met 'n enkelbed waarvan die onderste deel uittrek vir ekstra slaapplek, geskik vir 2 kinders. 'n Ekstra matras is vir 'n kind beskikbaar. Alle slaapkamers het see-uitsigte, met 2 wat skuifdeure na buite het. Die tweede badkamer is apart en het 'n stort en 'n bad. Die Wendyhuis buite het 'n dubbelbed, wasbak, warm water en aparte buitetoilet, en bied ekstra slaapplek op versoek.
Die huis het ook 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea met 'n binnebraai op die boonste verdieping. Daar is 'n gasbraai op die buitedek, sowel as braaigeriewe in die lapa wat aan die groen strook grens. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, gasstoof, oond, eetgerei en breekware. Die ruim leefarea lei na 'n houtdek met 180º-uitsigte oor die see, vanwaar gaste die gewilde Weskus-sonsondergange kan geniet. 'n TV met 'n DVD-speler, asook DStv, is beskikbaar in die sitkamer.
Happy Feet is 'n gerieflike vakansiehuis, gemik op die gesin wat loopafstand vanaf die strand wil wees. Daar is verskillende houtdekke met see- en berg-uitsigte, en die huis verskaf 'n ontspanne atmosfeer, met alle moderne geriewe byderhand.
Slaapplek
’n Bespreking by Happy Feet sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Dasseneiland-rylaan 85, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink Happy Feet het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dasseneiland-rylaan 85, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom