Hartenbos-Landgoed 43

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 8 Okt 2019 tot 1 Jan 2020.

Beskrywing

Hartenbos-Landgoed 43 is 'n lieflike drieslaapkamer-vakansiehuis met slaapplek vir 6 gaste in 'n sekuriteitskompleks in Hartenbos, Mosselbaai. Die huis het 2 slaapkamers met lugversorging en 1 kamer met 'n waaier, en is ten volle toegerus vir selfsorgverblyf - die ideale verblyf vir 'n groep vriende of 'n gesin op soek na 'n rustige wegbreekplek naby aan 'n verskeidenheid doendinge op die Tuinroete.

Die huis het 3 ruim slaapkamers en 2 badkamers met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n dubbelbed, klerekas en 'n spieëltafel. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens, 'n uittrekbed vir 'n derde persoon, en die derde slaapkamer met 2 driekwartbeddens. 2 van die kamers het lugversorging en 1 kamer het 'n waaier. Die huis het ook 'n moderne kombuis wat toegerus is met al die geriewe wat jy nodig het om lekker kos te maak. Daar is graniettoonbanke, 'n yskas-vrieskas, 'n diepvrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof met 'n oond, 'n skottelgoedwasser, 'n tuimeldroër en 'n wasmasjien.

Die sitkamerarea bied netjiese en gemaklike sitplek, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Daar is 'n binnebraai en oop stoep-area. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad en trampoliens in die kompleks. Hartenbos-Landgoed 43 is net 'n kort entjie se ry van verskeie soorte vermaak en doendinge af. Onder meer Blouvlagstrande, 'n waterpark teen die strand, 'n puttbaan en nog baie meer.

Die tarief word per persoon uitgewerk en geen ekstra persone sal toegelaat word nie, tensy dit vooraf gereël is.

Geen gaste jonger as 20 jaar word sonder ouer-toesig toegelaat nie. Minimumgaste per eenheid is 2.

Slaapplek

'n Bespreking by Hartenbos-Landgoed 43 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Slaapsaalbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hartenbos-Landgoed 43 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 R1 360 per nag (vir 6 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 8 Okt 2019 tot 1 Jan 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za