Hartenbos Strandhuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hartenbos Strandhuis is in Hartenbos reg langs die amfiteater geleë en bied gemaklike slaapplek aan 11 gaste. Dit is ideaal vir 2 gesinne met kinders.

Dit is 'n lieflike huis wat beskik oor 5 slaapkamers met 'n bykomende kamer en badkamer apart van die huis. Die 11de slaapplek is dus apart van die hoofhuis. In die hoofhuis is 2 van die slaapkamers met dubbelbeddens ingerig. Die ander 3 slaapkamers is elkeen ingerig met 2 enkelbeddens. Die aparte kamer het ook 'n enkelbed. Al die slaapkamers het ingeboude kaste.

Die 2 badkamers word tussen al die kamers gedeel: die eerste badkamer is in die hoofhuis geleë en die tweede een is 'n en suite-badkamer in die aparte buitekamer. Die eerste badkamer is met 'n stort en 'n bad ingerig en die ander een het 'n stort. Die tweede badkamer het ook sy eie aparte ingang, sodat al die gaste dit kan gebruik.

Hartenbos Strandhuis voorsien geen beddegoed (lakens, duvets en kussings ) of handdoeke nie. Gaste moet asseblief hul eie saambring.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof en 'n oond, 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas en 'n aparte diepvrieskas. 'n Wasmasjien en tuimeldroêr is ook beskikbaar. Daar is 'n eetarea, asook 'n sitarea met 'n TV en DStv dekodeerder, 'n DVD-speler en 'n CD-speler.

Braaigeriewe is beskikbaar met roosters en 'n braaipot. Die erf is omhein en daar is 'n groot grasperk aan die voor- en agterkant waar kinders veilig kan speel. Veilige parkeerplek is binne die erf beskikbaar.

Hartenbos Strandhuis is net 'n kort entjie se stap van die naaste strand (400 m), restaurante, swembad, mini-gholf en waterpark af (600 m).

Geen matriek of studente groepe sonder ouertoesig nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Hartenbos Strandhuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 6 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie
  •  Videospeler

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hartenbos Strandhuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (plek vir 11)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za