+24
Gastehuis in Muldersvlei

Hawksmoor House

  • Slaapplek vir 28 gaste
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Hawksmoor House at Matjieskuil Farm, R304, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Hawksmoor House is 'n luukse Kaaps-Hollandse plaaswegbreek in die Kaapse Wynlande. Die gastehuis is haarfyn opgeknap en pragtig met antiekware versier. Hawksmoor House is op 'n 200 ha-plaas naby Stellenbosch, die Paarl en Franschhoek se wynroetes geleë.

Verblyf word in 14 en suite-gastekamers en 'n villa aangebied. Die 4 historiese geboue bied elkeen 'n ander perspektief op die landskap en die plaas. Die opgeknapte geboue is met 'n mengsel van pragtige antiekware gemeubileer en elke kamer is uniek versier. Die geboue is langs die historiese dam en in die pragtige tuin gerangskik.

Daar is 5 klassieke kamers met dubbeldeure wat na privaat stoepe lei en uitsigte oor die welige tuin of aangrensende landerye bied. Die 2 luukse kamers spog met tuin-uitsigte en die dekor sluit antiekware en kontemporêre afwerkings in. Die 7 superieure kamers is lekker groot en ruim, en bied privaat stoepe en ondervloerse verhitting. Elke kamer het 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, en is met koffie- en teemaakgeriewe toegerus.

Dié selfsorg-villa is in die Edge House aan die westelike kant van die erf geleë, en dis die ideale wegbreekplek vir 'n gesin of groep vriende. Die villa beskik oor 2 en suite-slaapkamers en 'n ruim oopplan-sitarea, -kombuis en -eetarea.

Die plaas is so beplan om 'n groot grasperk, laventelbedding, kruietuin en 'n swembad in te sluit. Hawksmoor House het ook 'n skemerkelkiestoep wat 'n wonderlike plek is om aan 'n glasie Hawksmoor Wine te teug terwyl 'n mens die uitsig geniet. Hawksmoor Wines word slegs van druiwe gemaak wat op die plaas groei en geoes word. Die gastehuis bied wynproe-sessies of 'n wynproe-middagete in die historiese eetkamer of buite op die gras onder die groot eikebome voor die Kaaps-Hollandse huis. Die wynproe-middagetes moet vooraf bespreek word.

Die stil en rustige landgoed is omring deur 'n heining wat privaatheid en sekuriteit bied. As gaste mal is oor grondpaaie, sonsondergange, wyn met kerslig en die getjirp van voëls, en as hulle nie omgee om 'n verdwaalde padda in die swembad raak te swem, of die tevrede gesug van 'n Pointer-hond op die koel vloer aan te hoor nie, is Hawksmoor House die beste wegbreekplek.


Resensies

2.4/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
2.0
Ligging
3.0
Waarde vir geld
1.0
Diens
1.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

2.4/5

Louise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Hawksmoor House at Matjieskuil Farm, R304, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Hawksmoor House at Matjieskuil Farm, R304, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 28 gaste
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA743485d9a21e707aff7132fe2c718e8b9e1304d68cf8eccd9aa6dcb93a31dd6eb576ccd47250795a4cf851993483fd357d17?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 2) 1 5 1 3 Hawksmoor House at Matjieskuil Farm R304 7599 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.812586243794 18.770469560331
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang