Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hephzibah

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4de Straat 231, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 240 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Hephzibah is 'n lieflike selfsorghuis in 'n Engelse plattelandse styl en dis ideaal vir gesinne wat op soek is na 'n wegbreekplek in Voëlklip, Hermanus. Dis aan die voet van die Overberge waar gaste in die natuurreservate kan gaan voetslaan of draf.

Die klassieke en kontemporêre huis het 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 10 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n aangrensende slaapkamer met 2 enkelbeddens. Dit het ook 'n privaat balkon waar gaste hul oggendkoffie kan geniet en die uitsig oor die see in die verte en die tuin aanskou. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en 'n lieflike berg-uitsig. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié kamers deel die tweede badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die huis het groot kuierareas met 'n privaat sitarea met 'n kaggel en nog 'n sitarea met 'n binnebraai en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Daar is onderonderbroke kragtoevoer vir die TV en WiFi tydens beurtkrag. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese breekware, eetgerei en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die huis lei na 'n privaat stoep waar gaste lekker kan braai terwyl die kinders in die groot tuin speel. Gratis parkeerplek is op die perseel beskikbaar en daar is 'n alarmstelsel vir ekstra gemoedsrus.

Die eiendom bied toegang tot die kranspaadjies, Blouvlagstrande, Hermanus se middedorp, verskeie restaurante, kunsgalerye, koffiewinkels en winkels.

Slaapplek

’n Bespreking by Hephzibah sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 53

Resensies 27

Jaar gelys 2

Ligging

  • 4de Straat 231, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 240
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R4 240
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4de Straat 231, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1da3f51e0d899bad72c5e8fdfeaa0437dc79b4f231fa8cab103dcf37f60cd516ba7a99063dc7b3d99fd44362b1dabcc94651?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 240 per nag (plek vir 10) 231 4th Street Hermanus 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.408844 19.292367
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem