Herb Garden Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Herb Garden Guest House is in die pragtige dorpie Colesberg geleë. Die gastehuis het 15 individuele eenhede, elk met 'n unieke styl en 'n uitleg wat dit gepas maak vir 'n verskeidenheid doeleindes.

Die skoon en stylvolle eenhede het elk hul eie privaat ingang, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en DStv. Van die eenhede is toegerus vir selfsorg-verblyf. Ontbyt en aandete word op aanvraag bedien.

Gaste kan van die swembad en braaigeriewe gebruik maak wat in die pragtige tuin geleë is. Ons personeel is so vriendelik en die honde so oulik dat jy so tuis sal voel in die wonderlike omgewing.

Onderdak-parkeerplek is op die perseel, agter geslote hekke beskikbaar. Na 'n lang rit kan jy in die rustige tuin met 'n yskoue drankie ontspan. Die skoon en stylvolle eenhede sal jou so tuis laat voel soos by jou eie huis.

Colesberg is 'n oasis vir 'n reisiger op die N1-hoofweg van Kaapstad na Johannesburg. Die dorpie lê in die tipiese Karooveld en word omring deur koppies en die gewilde Coleskop wat van 40 km ver gesien kan word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Herb Garden Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false