Hide Away

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hide Away is 'n gerieflike selfsorghuis met slaapplek vir 6 in Witrivier.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers met plafonwaaiers. Linne en handdoeke word voorsien. Die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed en die ander kamers het 2 enkelbeddens. 2 kamers is op die boonste verdieping, asook 1 badkamer met 'n bad en stort. Die hoofslaapkamer is op die onderste verdieping.

Die leefarea is op die onderste verdieping en die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n etenstafel. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser op die perseel. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en jy kan jou eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Daar is ook 'n privaat tuin en braaigeriewe. Parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar en daar is ekstra parkeerplek. Die huis word daagliks skoongemaak, maar nie oor naweke nie. 'n Naweekskoonmaakdiens kan teen ekstra koste gereël word. Let asb. op dat dele van die eenheid via trappe bereik word en dalk nie geskik is vir kleuters, bejaardes of gaste met gestremdhede nie. Troeteldiere word toegelaat, maar dit moet vooraf gereël word.

Hide Away is net 1 km vanaf die Witrivier Plein en verskeie restaurante. Jy kan ook die Witrivier Historiese en Motormuseum besoek, wynproe, of die Krugerwildtuin besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Hide Away sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hide Away gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za