Highbourne Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Highbourne Cottage is ’n rustieke, selfsorg-bergkothuis in die Sentrale Drakensberg in Champagne-vallei. Dis slegs 500 m vanaf die Monks Cowl-ingang na die Drakensberg Wêrelderfenisgebied. Gaste kan pragtige uitsigte vanuit die kothuis geniet en die bergagtige omgewing is ideaal vir natuurliefhebbers, voetslaan-entoesiaste en fotograwe. Die eienaar woon op die perseel, maar is apart van die kothuis.

Dié kothuis het 2 aparte selfsorg-eenhede, of dit kan as 1 huis vir groter groepe bespreek word. Eenheid 1 het slaapplek vir 6 gaste en dis ideaal vir 2 volwassenes onder en 4 kinders in die solderarea. Die tweede eenheid bied slaapplek aan 4 gaste, 2 volwassenes onder en 2 kinders bo in die solderarea.

Eenheid 1 het 'n klein selfsorg-kombuisie, 'n badkamer met 'n bad, 'n leefarea met 'n etenstafel en 'n sitarea. Die leefarea lei na 'n stoep. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof en mikrogolf.

Eenheid 2 het 'n badkamer met 'n bad en 'n stort en daar is 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetaraea wat na 'n klein leefarea buite met 'n tafel en stoele lei. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof en mikrogolf.

Die kothuis maak gebruik van sonkrag en die water op die perseel word direk van die berg af verkry. Die kothuis is in 'n rustige area weg van die gejaag van die alledaagse lewe. Daar is volop voëllewe, wees op die uitkyk vir die skaam Rooibektiptol.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Highbourne Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za