Highlands Lodge
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Jun 2024 tot 31 Jul 2024.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoogstraat 29, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 280R1 152 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Highlands Lodge lê in die stil area, Aurora in Durbanville en bied veilige, eksklusiewe verblyf aan gesoute sakereisigers en vakansiegangers. Highlands Lodge bied 'n rustige wegbreekplek met privaatheid. Dié lodge word besit en bestuur deur Andrew en Kaj Denys. Die eienaars en hul personeel bied persoonlike aandag en gasvryheid aan gaste.
Die eenhede het elkeen 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en bied slaapplek aan 1 of 2 gaste. Daar is 2 gesinseenhede met slaapplek vir 4 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders. Elke kamer het 'n aparte ingang in die tuin en 'n kombuisie met koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n mikrogolfoond. 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi is beskikbaar. Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.
'n Lughawependeldienste kan gereël word en die plaaslike winkelsentrum is net 'n entjie se stap hiervandaan waar daar 'n Super Super Spar, 'n koffiewinkel en kitskoskafees is. Dis ook naby die Durbanville-wynroete, restaurante en besonderse fietsry-roetes. Highlands Lodge is 5 minute se ry vanaf die Tygervallei-winkelsentrum en 30 minute se ry vanaf die V&A Waterfront, Paarl, Stellenbosch, Franschhoek en Somerset-Wes.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Kaj Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 54
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Hoogstraat 29, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Highlands Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Durbanville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoogstraat 29, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap