Hill Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hill Street is 'n groot selfsorghuis wat in die Strand geleë is. In die Strand is daar 'n verskeidenheid restaurante, winkels en inkopiesentrums en dit is slegs 15 minute se ry van Stellenbosch se wynroete af.

Die huis bied slaapplek vir 8 mense en bestaan uit 4 slaapkamers, 3 en 'n half badkamers, 3 sitkamer-areas en 'n groot kombuis en eetarea. Die eerste, tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad en die tweede en derde badkamers het storte. Daar is ook 'n ekstra aparte toilet.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en daar is 'n ontbyttoonbank met kroegstoele. Daar is 'n oopplan-kombuis, -leef en -eetarea met 'n ingeboude braai. Die eetarea loop uit na 'n klein balkon. Daar is parkeerplek op die perseel in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar. Die huis het 'n elektriese heining en -hek.

Die huis is ook net 30 minute se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe af, asook 30 minute van die sakekern af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hill Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za