Hog Hollow Country Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hog Hollow is 18 km oos van die kusdorp Plettenbergbaai geleë, op 'n privaat natuurreservaat aan die rant van die inheemse woud. Dit bied asemrowende uitsigte oor die omringende valleie en op die Tsitsikammaberge. Hog Hollow Country Lodge is bekend vir hulle heerlike kos, persoonlike aandag, panoramiese uitsigte en opregte gasvryheid.

Verblyf is beskikbaar in 16 suites met slaapplek vir 36 gaste. Elke eenheid het 'n sitkamerarea, en suite-badkamer, 'n hangmat en 'n stoep.

Ontbyt word op die boma-dek bedien of binne by die kaggel wanneer dit koud is. Die gemeenskaplike aandetes word in die kersbeligte hoofhuis bedien.

Besienswaardighede en doendinge in die omgewing sluit die volgende in: ontspan langs die swembad, geniet 'n verfrissende sauna, gaan op 'n manjifieke wandeling vanaf die lodge deur die oeroue inheemse woude, besoek Monkeyland Primate Sanctuary, Birds of Eden, of die Elephant Sanctuary, meer as 50 begeleide wandelings, perdry, gholf, kanovaarte, abseil, rekspring (die wêreld se hoogste - 216 m), bootgebaseerde walvis- en dolfyn-toere, en 'n boomtopstap.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hog Hollow Country Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 338 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za