Beachfront House Suncatcher
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 19 Apr 2024 tot 30 Aug 2024.
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Golden Mile Boulevard 2, Golden Mile, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R5 150R4 635 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Beachfront House Suncatcher is in St. Helenabaai geleë. Dit bied 'n asemrowende vakansie en het 'n idilliese ligging by die strand wat ontspanning en vermaak sal verseker.
Dié verblyf beskik oor 2 dele en bied slaapplek aan 8 gaste in die hoofhuis en 2 gaste in 'n aparte kamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 'n stapelbed. Gaste deel die gebruik van 2 badkamers wat elk 'n stort, wasbak en 'n toilet het. Die vyfde slaapkamer is 'n aparte slaapkamer wat 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe, wasmasjien en 'n eiland met stoele toegerus. Dit lei na 'n ruim sitarea met gemaklike rusbanke, 'n TV en 'n pooltafel. Die sitarea lei na 'n eetarea met 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste kan direkte toegang tot die strand, 'n swembad en 'n braai geniet. Hierdie verblyf sal 'n verkwikkende wegbreek bied.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Golden Mile Boulevard 2, Golden Mile, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Golden Mile St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Golden Mile Boulevard 2, Golden Mile, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom