Huis Maroela
Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 6 Mei 2024 tot 31 Mei 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hornbillstraat 667, Marlothpark, 0001, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 600R1 360 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Huis Maroela is in Marlothpark geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is lekker naby talle winkels, restaurante, aktiwiteite en besienswaardighede.
Die huis het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 5 gaste, maar die vyfde gas moet onder 12 jaar oud wees. Dié gas sal op 'n enkeldagbed in die sitkamer slaap. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die huis is ontwerp om koel in die somer te wees en spog met 'n hoë dak en energiebesparende vensters en skuifdeure. Elke kamer het ook lugversorging. Daar is sonkragpanele en 'n batterystelsel om die impak van beurtkrag te verminder.
Die kombuis is met 'n gas- en elektriese stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Geniet 'n heerlike ontbyt by die eilandtoonbank in die kombuis of op die stoep langs die swembad in die skadu van die reuse-maroelaboom. Daar is 'n Nespresso-masjien vir die koffieliefhebbers. Neem net jou eie kapsules. Daar is ook 'n ysmasjien, en swemhanddoeke word voorsien.
Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n eetarea met genoeg sitplek waar gaste hul maaltye kan geniet. Gaste kan ook van die gratis WiFi gebruik maak. Let wel daar is nie 'n TV nie. Die leefarea het skuifdeure wat oopskuif en na die stoep, swembad en die braaiboma lei.
Daar is lieflike braaigeriewe en parkeerplek op die perseel.
Seekoeie, leeus en hiënas sorg vir die nagmusiek in Marlothpark, terwyl die visarende se geroep die hele dag weerklink. Wildritte en visvang-uitstappies kan teen ekstra koste gereël word. Daar is verskeie restaurante in Marlothpark. Bring 'n verkyker en stapskoene saam en stap al langs die Krokodilrivier wat die grens tussen die Krugerwildtuin en Marlothpark vorm.
Slaapplek
’n Bespreking by Huis Maroela sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Klein kombuis
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Ronel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 100
Jaar gelys 3
Ligging
- Hornbillstraat 667, Marlothpark, 0001, Mpumalanga
- Gaste dink Huis Maroela het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hornbillstraat 667, Marlothpark, 0001, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom