Idwala Game Ranch
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Welgedacht Nr. 26, Leeuwgedacht Bewarea, Cullinan, Pretoria, 1000, Gauteng
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R3 360 per nag, vir 7 mense
Beskrywing
Idwala Game Ranch is 'n dubbelverdiepinghuis in die Leeuwgedacht Bewarea sowat 45 km vanaf Zambezi-weg. Die verblyf word omring deur die Bobbejaanberge en bied 'n onvergeetlike boservaring aan gaste. Dit is geskik vir 'n groot gesin of 'n groep vriende.
Hierdie vakansiehuis bied slaapplek aan 7 gaste en beskik ooor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en beide die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet en daar is 'n bad, wasbak en 'n toilet in die tweede badkamer. Daar is 'n slaaparea met 'n enkelbed voor die tweede slaapkamer.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, broodrooster, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n rusbank en 'n beskutte stoep met 'n etenstafel en stoele. Dit lei na 'n omheinde tuin met 'n vuurput, braaigeriewe en 'n swembad.
Die huis bied 'n uitsig oor die dammetjie waar wilde diere soos zebras daagliks water drink. Hierdie verblyf bied 'n rustige omgewing vir natuurliefhebbers met 13 verskillende wildspesies wat daar rondloop. Wildritte is ook op versoek beskikbaar teen 'n ekstra koste. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.
Slaapplek
’n Bespreking by Idwala Game Ranch sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Stoof
Ligging
- Welgedacht Nr. 26, Leeuwgedacht Bewarea, Cullinan, Pretoria, 1000, Gauteng
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Gauteng
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Welgedacht Nr. 26, Leeuwgedacht Bewarea, Cullinan, Pretoria, 1000, Gauteng
- Geen kinders onder 12