Indabushe Eco Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Indabushe Eco Lodge bied verblyf in Schoemanskloof, gerieflik naby O.R. Thambo Internasionale Lughawe vir diegene wat na Johannesburg, die Krugerwildtuin of Mosambiek op pad is.

Indabushe bied verskillende verblyfsopsies: daar is kamers in die 4-ster lodge, verblyf in eko-tente, asook kampeerplek en staanplek vir karavane. Akkommodasie in die lodge bestaan uit en suite-slaapkamers wat 'n volledige dienspakket en ontbyt insluit. Ons eko-tente is weer ingerig met enkel of driekwartbeddens en gaste kan gebruik maak van die ablusie-geriewe.

Die lodge spog ook met 'n verskeidenheid doendinge soos roetes vir vierwielmotorfietse en bergfietse, visvang, boogskiet, voëlkyk, voetslaanpaaie en swem. Of gaste kom aanklop vir die B&B-behandeling, 'n romantiese vakansie, 'n konferensie of 'n gesinsnaweek, Indabushe verwelkom al sy gaste met ope arms.

Aangesien ons in 'n malariavrye gebied is, kan gaste met gemoedsrus nabygeleë besienswaardighede soos die Sudwala-grotte, Waterval-Boven, Sabie, Pelgrimsrus en natuurlik ook die Krugerwildtuin wat net 120 km weg is, besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Indabushe Eco Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R310 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za