LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by InnJoy Boutique Hotel | LekkeSlaap
+24

InnJoy Boutique Hotel

Hotel
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Shirley-weg 1033, Eldoraigne, Centurion, 0157, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

InnJoy is ontwerp en gegradeer as 'n 4-ster-boetiekhotel. Ons is gerieflik geleë in Centurion en na aan die industriële- en sakedistrik. Van ons af het gaste maklike toegang tot die hoofweë, 3 lughawens, Supersport Park, gimnasiums, Zwartkop Gholfbaan, 3 winkelsentrums en vele ander opwindende venues.

Gaste word 'n keuse aangebied van 3 luukse en suite-kamers, 'n presidensiële suite of ons luukse selfsorgwoonstelle. Alle kamers het perkallinne en is individueel versier en stylvol gemeubileer in 'n klassieke, elegante styl met hout en graniet. Ons en suite-badkamer spog met handgemaakte afrondingswerk en 'n volledige reeks toiletware asook sagte, wit handdoeke.

Ons stylvol gemeubileerde presidensiële suite is perfek vir iedere paartjie se eerste huweliksaand. Ingerig met 'n hemelbed, spa-bad, dubbelstort en privaat balkon sal dit vir seker jou hart steel. Om jou aand nog meer spesiaal te maak kan ons 'n volledige romantiese atmosfeer skep met kerse, vonkelwyn, aarbeie wat in sjokolade gedoop is en truffles.

Uitstekende kookkuns is ons hoogs gekwalifiseerde sjef se spesialiteit. Elke dis word noukeurig voorberei en pragtig voorgesit. Ons bied 'n volledige ontbyt-buffet elke oggend. Ligte etes word op versoek bedien. Ons à la carte-aandete word in die eetkamer bedien van Maandag tot Donderdag. Vir jou gerief is daar veilige parkeerplek en 'n WiFi-kuberkol beskikbaar.

Vir sakereisigers bied Innjoy toegeruste kantoor- en konferensiegeriewe. Daar is 'n internet-stasie beskikbaar of gaste kan in die gemak en privaatheid van hul slaapkamers sit en werk. Ons konferensiegeriewe is ingerig met 'n goeie klankstelsel, klimaatbeheer, elektroniese projeksieskerm witborde en blaaikaarte, 'n TV, DVD-speler en WiFi.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wildritte

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 12 resensies vir InnJoy Boutique Hotel
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Shirley-weg 1033, Eldoraigne, Centurion, 0157, Gauteng
  • Gaste dink InnJoy Boutique Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Shirley-weg 1033, Eldoraigne, Centurion, 0157, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgwNWRiMmI0LTc3ZTYtNDNjOS05OGJkLWFkZDc3YWI1NTNjYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 1033 Shirley Road Eldoraigne 0157 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.843238175269 28.161506205797
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!