Isibindi Forest Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Sep 2019 tot 28 Nov 2019.

Beskrywing

Isibindi Forest Retreat is ’n pragtige 10 hektaar-perseel wat selfsorg-verblyf in chalets bied wat oor die woud met ’n ryk voëllewe kyk en pragtige see-uitsigte het. Isibindi is 15 minute vanaf George langs die N2 geleë, naby verskeie winkels en geriewe, asook al die doendinge en prag wat die Tuinroete bied.

Die perseel het 8 selfsorg-houtchalets, 2 romantiese chalets met slaapplek vir 2, asook gesinchalets wat slaapplek aan 4 bied. Party van die chalets met slaapplek vir 4 kan aaneenskakel indien dit ’n groter groep is. Die chalets is volledig toegerus vir selfsorg en beddegoed en handdoeke word voorsien.

Daar is ’n paar wildebeeste en ’n sebra wat vrylik op die perseel rondwei.

Daar is ook 4 kampeerterreine op die perseel vir die avonturiers wat hou van kamp. Dis weggesteek in die inheemse bosse, met slegs die geluide van die natuur rondom jou.

Die hooflodge het ’n swembad en ontspanningsarea, met ’n groot dek wat ’n 180°-see-uitsig het, perfek vir skemerkelkies of ’n braai by die vuurput.

Daar is wandelpaaie van die perseel af, waar gaste die pragtige inheemse bosse kan verken of die paaie wat na die rotse lei. Die area is ’n vissermanhawe en die grondpaaie lei tot pragtige, ongerepte areas.

Isbindi is die ideale plek vir natuurliefhebbers en vir dié wat van die besige stadslewe wil ontsnap. Hier sal jy wakker word met die bosgeluide en die branders wat teen die rotse breek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Isibindi Forest Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R680 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Sep 2019 tot 28 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za