Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag
Opsomming van Resensie
Ilan S - Mei 2022
Gemiddeld
Pragtige plek en heerlike kuier.
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Goeiedag Ian, ons is altyd so bly om te hoor as ons gaste hulle verblyf geniet het en heerlik op ons Karoo dorpie gekuier het.
Hoop om julle gou weer te sien.
Vriendelike groete
Linda
Karen C - Mrt 2022
Gemiddeld
Absolute moet-ervaring in die Karoo.
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Hi Karen, baie dankie vir jou mooi terugvoering. Ons hoop ons sien julle gou weer hier onder ons mooi Karoo sterre.
Groete
Linda
Riaan V - Jan 2022
Gemiddeld
'n Onvergeetlike ervaring. Die ruim huis tussen al die vrugtebome en sterreprag kan nie met woorde beskryf word nie.
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Wonderlik baie dankie vir julle baie mooi terugvoering. Altyd lekker om te weet jou gaste het hulle kuier geniet en was te vrede met alles.
Nandie V - Jan 2022
Gemiddeld
Ons het by Loxton gearriveer sonder krag en water, en geen vooraf kennisgewing gehad.
Larisa E - Jan 2022
Gemiddeld
Bietjie teleurgesteld.
Lees meerJakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Hi Larisa, baie dankie vir jou terugvoering.
Ek is baie jammer, ek het vir Betjie gestuur om iets in die tuin garage te gaan haal wat iemand dringend gesoek het. Ons het werklik nog geensins situasies gehad waar mense onveilig gevoel het nie. Ek het Karoonag al vir 2 weke laat oopstaan, per ongeluk, en niks was weg nie.
Ons slaap nog hier met oop vensters, dis werklik 'n deel van ons land wat ons nie enige geweld of aanvalle gehad het wat mense laat voel hulle lewens is in gevaar nie. Dis hoekom ek seker ook heeltemal nie eers gedink het dit sou julle pla nie, so ek vra daaroor groot verskoning vir die ongerief en ongemak wat dit vir julle veroorsaak het. Ek sal nou definitief meer attend wees daarop.
Ja ons maak 'n vergunning vir mense wat ook lief is vir diere en ons is dierevriendelik, maar kan nie verseker dat honde nie by die drade of gate gaan uitkom nie. Ons het eenkeer gaste op die plaas gehad wat n kat gehad het en die kat het weggeraak, ons het so sleg gevoel dat ons van toe af ook geen katte toelaat nie. Karoonag het n baie groot jaart en daar kan plekke wees waar klein hondjies sal kan deur.
Verder hoop ek ons kan die voorreg hê om julle weer te ontvang en hierdie keer gerus stel en laat lekker bly.
Geseënde 2022, kan nie glo die eerste maand is al amper verby nie.
Vriendelike Karoo groete,
Linda
Annaline C - Des 2021
Gemiddeld
Ongelooflike ervaring.
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Baie dankie vir die mooi resensie. Bly om te hoor julle het Loxton en sy mense geniet.
Andre Pierre D - Nov 2021
Gemiddeld
Baie baie lekker by 'n wonderlike blyplek en baie vriendelike mense.
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Baie dankie vir die mooi resensie. Bly julle het die kuiertjie in Loxton geniet en lekker gerus. Was lekker om vir julle te ontmoet.
Diane W - Okt 2021
Gemiddeld
Enjoyed by all guests.
Lees meerMarle C - Okt 2021
Gemiddeld
Gerieflik en charming.
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Marle baie dankie vir die wonderlike terugvoering. Bly julle het lekker gekuier in Karoonag.
Engela S - Sep 2021
Gemiddeld
Netjies, goed ingerig en die rustigheid vra vir langer bly!
Ancois B - Jul 2021
Gemiddeld
Pragtige huis met 'n goeie ligging
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Hi Ancois,
Baie dankie vir die wonderlike resensie . Ons is bly julle het die tydjie in Karoonag geniet en vir Loxton. Sien uit om julle weer te ontvang*
Vriendelike Karoo groete,
Linda
Terence C - Jul 2021
Gemiddeld
Wonderlik.
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Hi Terence wonderlik! So bly julle julle het dit by Karoonag geniet :-) ..Vriendelike groete
Linda
Alet V - Jun 2021
Gemiddeld
Lekkerknus by kaggelvuur.
Vicky L - Mei 2021
Gemiddeld
Baie spesiaal!
Lees meerJakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Hi Vicky baie dankie vir die pragtige resensie, dit word opreg waardeer.
Warm Karoo-groete
Linda
Mariaan V - Mei 2021
Gemiddeld
Was vir seker die moeite werd, sal definitief weer daar boek.
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Hi Mariaan, baie dankie vir die pragtig resensie, altyd lekker om gaste soos julle te ontvang.
Vriendelike groete
Linda
Jacomien B - Des 2020
Gemiddeld
Ongelooflik
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Hi Jacomien
Baie dankie vir die positiewe terugvoering.
Ons is bly jy kon lekker rus en 'n bietjie afskakel en die rustigheid waardeer.
Sterkte vir die jaar.
Lekker dag verder
Vriendelike groete
Linda
Douglas C - Des 2020
Gemiddeld
Klein rustige Karoo-dorpie.
Sharon M - Des 2020
Gemiddeld
A blessing.
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Sharon thanks so much for the lovely feedback. Always a pleasure to accommodate guests like you.
William D - Des 2020
Gemiddeld
Beautiful, clean, well equipped house!
Lees meerJakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Hi William,
Great and thank you so much for the wonderful feedback.
It is always a pleasure to accommodate guests like you.
I am glad you also enjoyed some of our fine Karoo Lamb. if I may say so myself, they are hard to beat.
All the best for 2021 and may it be a very good and blessed year.
Kind regards, Linda.
Tabu V - Des 2020
Gemiddeld
Baie lekker, vriendlike, behulpsame mense.
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Hi Dorette
Ek is baie bly jy het die stywe entjie ingesit om vir ons in die Karoo te kom kuier.
Die Karoo is verseker 'n spesiale plek.
Mag 2021 'n wonderlike jaar vir jou wees.
Vriendelike groete
Linda
Jannie K - Mei 2019
Gemiddeld
Teleurstellend, alhoewel die huis baie potensiaal het!
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Goeidag Jannie
Dankie vir u terugvoering.
Groete
Linda
Tania L - Mei 2019
Gemiddeld
Rus en vrede.
Jakhalsdans Loxton Stay, Karoonag se terugvoer
Hi Tania,
Wonderlik, dis so lekker om te hoor en bly julle kon die stilte waardeer en as 'n familie kwaliteit tyd saam spandeer.
Vriendelike groete,
Linda
Lize V - Mrt 2019
Gemiddeld
Ons verwagtinge is oortref met die pragtige Karoonag huis - stilte in oorvloed waarna ons uitgesien het.
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Fraserburgstraat en Kempenstraat, Loxton, 6985, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom