8 gaste
3 slaapkamers
6 beds
2 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Corner of Fraserburg Street and Kempen Street, Loxton, 6985, Noord-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Karoonag, Jakhalsdans Loxton Stay is geleë in die Karoo-dorp Loxton en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek. Die huis was oorspronklik in besit van die bekende skrywer, Deon Meyer, en is vernoem na een van sy boeke.
Die smaakvol versierde huis bestaan uit 3 slaapkamers en bied slaapplek vir tot 6 volwassenes en 2 kinders op 'n slag. 'n Dubbele uittrekbank vir 2 kinders is beskikbaar. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Hierdie 2 slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.
Die sitkamer het gemaklike sitplek, insluitend 'n slaapbank, en 'n lieflike kaggel vir daardie koue winteraande.
Vir die somerdae is daar 'n reservoir waar 'n mens kan afkoel.
Daar is 2 patio's waar gaste die pragtige Karoo-landskappe kan bewonder, en gaste het ook braaigeriewe.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 109
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Corner of Fraserburg Street and Kempen Street, Loxton, 6985, Noord-Kaap
- Gaste dink Karoonag, Jakhalsdans Loxton Stay het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Corner of Fraserburg Street and Kempen Street, Loxton, 6985, Noord-Kaap
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang