John Jack Inn accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

McCloud's is in die bekoorlike dorpie, Chrissiemeer (Lake Chrissie), in Mpumalanga geleë. Dit is sowat 2,5 uur buite Johannesburg en Pretoria. Chrissiemeer is in die middel van Suid-Afrika se grootste meerdistrik, met sowat 270 mere en panne binne 'n 20 km radius van die dorpie. Dit is die ideale wegbreekplek vir persone wat wil wegkom van die stad se gewoel.

Verblyf is beskikbaar in 7 elegant-versierde eenhede met 'n gemeenskaplike sitkamerarea. Al die eenhede is toegerus met gemaklike beddens en badkamergeriewe.

Ontbyt word gedurende die week voorgesit by McCloud’s Breakfast Café langs die McCloud’s winkel wat wol-duvets verkoop en op naweke by The Billiard. Aandete word ook by The Billiard met 'n a la carte menu bedien. Braaigeriewe is ook beskikbaar by die kothuis, maar nie by John Jack Inn nie.

Chrissiesmeer is 'n klein dorpie in Mpumalanga se grasvelde wat omring is deur meer as 270 pragtige mere en panne. Buiten dié pragtige waterbronne sluit geskiedkundige besienswaardighede die Dumbarton Oaks Hotel wat gebou is in die laat 1800's, The Billiard en die historiese Barclays-bank in.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na John Jack Inn Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za