SeeBries
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Noorkapperlaan 9, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R800R720 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
SeeBries bied gerieflike selfsorgverblyf in 2 aparte woonstelle wat in die prentjiemooi Jongensfontein geleë is. Die selfsorgwoonstelle, wat van sonkrag gebruik maak, is sowat 350 m van die hoofstrand af en bied lieflike see-uitsigte.
Dié 2 woonstelle is ideaal vir kleiner gesinne en het slaapplek vir 4 gaste elk. Eenheid 1 het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea met 2 enkelbeddens wat as die sitarea dien. Eenheid 2 beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n binnebraai.
Die kombuise is vir selfsorg toegerus. Elke woonstel het ook toegang tot 'n braai-area met 'n see-uitsig. Hout is teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Jongensfontein is 'n egte vakansiedorpie en bied verskeie doendinge, soos visvang, voëlkyk, fietsry, bergfietsry en swem. Dit is 10 km vanaf Stilbaai wat verskeie winkel het restaurante het.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Lizaan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 178
Jaar gelys 7
Ligging
- Noorkapperlaan 9, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
- Gaste dink SeeBries het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jongensfontein Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Noorkapperlaan 9, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom