Kab49
Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 6 Mei 2024 tot 6 Jun 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kabeljoustraat 49, Kleinbaai, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 800R1 440 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Kab49 is in Kleinbaai en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede. Die getypoel en hawe is beide stapafstand vanaf Kab49.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers, 1 met 'n bad en 'n stort en 1 met net 'n stort.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Gaste word bederf met 'n varsgemaalde pakkie filterkoffie van Gansbaai Coffee Company.
Die leefarea het gemaklike banke en 'n TV met DStv-kanale, asook 'n eet-area met genoeg sitplek vir gaste om maaltye te geniet.
Daar is lieflike braaigeriewe en 'n braairooster word voorsien. In die somer kan gaste agter in die tuin onder pragtige melkhoutbome braai met seegeluide in die agtergrond. Vir die koue wintersmaande, is daar 'n braaikamer met 'n binnebraai.
Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.
Gewilde doendinge in die area sluit haaihokduik, walviskyk in seisoentyd en vele meer in.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
A Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Kabeljoustraat 49, Kleinbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Kab49 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kabeljoustraat 49, Kleinbaai, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom