LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kalahari Trails Nature Reserve and Meerkat Sanctuary | LekkeSlaap
+23

Kalahari Trails Nature Reserve and Meerkat Sanctuary

  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 08:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Farm Alpha, David Kruiper Munisipaliteit , Askham, 8812, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R200 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Kalahari Trails Nature Reserve and Meerkat Sanctuary bied selfsorg-eenhede op 'n privaat plaas, 30 minute se ry vanaf Askham in die Kalahari. Die instansie bied verskeie verblyf-opsies teen billike tariewe.

'n Groep oulike, gerehabiliteerde meerkatte beweeg vrylik op die lodge se gronde rond. Verblyf by Kalahari Trails beskik oor 5 kamers in 'n gastehuis, 1 privaat chalet, 3 glanskamp-tente en kampeerplekke. Die gastekamers is in die hoofgebou geleë. 2 van hierdie kamers is ingerig met dubbelbeddens en en suite-badkamers. Die res van die kamers deel 2 badkamers, 'n kombuis wat volledig toegerus is, en die stoep met braaigeriewe.

Die privaat chalet is 2 km vanaf die hoofgebou, maar steeds op die plaas geleë, en beskik oor 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens in elke kamer. Die chalet het sy eie kombuis wat ten volle toegerus is, asook 'n badkamer. Verder kyk die chalet uit oor 'n watergat waar verskeie wild kom water drink.

Elk van die 3 tente-chalets in ons ongekunstelde boskamp beskik oor 2 enkelbeddens met beddegoed en het toegang tot 2 gemeenskaplike ablusieblokke. Die kamp het nie elektrisiteit nie, slegs paraffienlampe en het die ideale ligging, reg in die middel van die reservaat, sodat dit uitsigte bied oor die watergat waar verskeie wild van tyd tot tyd kom drink.

Die ongekunstelde kampeerterrein is naby die hoofgebou en bestaan uit 5 kampeerplekke waarvan 4 'n gedeeltelike dak het en met riete beskut is om gaste teen die son en wind te beskerm. Daar is ook ruim ablusiegeriewe met storte, toilette en 2 kragpunte.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 16 resensies vir Kalahari Trails Nature Reserve and Meerkat Sanctuary
Netheid
3.2/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Farm Alpha, David Kruiper Munisipaliteit , Askham, 8812, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kalahari Trails Nature Reserve and Meerkat Sanctuary het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kalahari Noord-Kaap
Vanaf R200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 08:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Farm Alpha, David Kruiper Munisipaliteit , Askham, 8812, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIwMjA3OWE1LThkZjAtNGQ1Yy04ZGY1LTRjZGZjZDIxMjNiMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R200  per nag (vir 2 persone) 16 5 1 4 Farm Alpha David Kruiper Municipality 8812 Noord-Kaap 086 999 0018 08:00-20:00 11:00 -26.773833333333 20.631666666667
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!