Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
3.9/5
Helene Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 61
Op LekkeSlaap 15 jaar
Opsomming van Resensie
Danita D - Apr 2024
Algehele gradering
Baie lekker ontspan.
Rodney C - Feb 2024
Algehele gradering
Everything about this place is wrong.
Anonieme gas - Jan 2024
Algehele gradering
Danie B - Des 2023
Algehele gradering
Soos ek sê, was daar geen water nie.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Goeie middag Danie
Baie dankie vir jou terugvoering. Jammer dat ek nie by ontvangs was met jou aankoms nie. Ek en ou Willie was besig op die gastehuisperseel met die waterprobleem wat ek na jou genoem het.
En het dadelik met jou oproep kantoor toe gegaan.
Die waterprobleem was buite ons beheer en het gepoog om dit reg te stel, ek het jou met aankoms verwittig dat daar tans 'n probleem was en ons aandag daaraan gee.
Weer eens baie jammer ons glo dat julle ons weer sal besoek.
Geniet die hitte van die Kalahari
Vriendelike groete
Helene
Collin W - Des 2023
Algehele gradering
Kinders kan hulself nie geniet daar nie.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Goeie middag Collin
Die swembad is daar vir almal se geriewe. Al die ander gaste het heerlik kom afkoel in die swembad. Julle kinders het ook kom swem onder die ouer sussie se toesig.
1. Die swembad is nie by my huis nie, maar agter die hoof gastehuis soos ek aan julle verduidelik het. By die Damhutte waar julle bespreek het, het ek julle ingelig dat daar ook 'n blou swembad by die speelparkie opgerig is vir julle gerief en waar julle 'n oog oor die kinders kan hou waar julle sit en kuier.
2. Julle was meer bedag by die familie in Keimoes en 'n paar keer het familie by julle kom kuier.
3. My kinders was net vir Kersdag by my gewees en hulle het nie eers geswem nie.
Vriendelike groete.
Carol-ann M - Des 2023
Algehele gradering
Terrible.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Goeie môre Carol-Ann,
Baie dankie vir jou terugvoering, ons is opreg jammer oor jul ervaring by ons en probeer om daarop te verbeter. Ons sal aandag gee aan jul terugvoering.
Jul is met flinkheid en vriendelike diens ontvang, en met elke navraag onmiddellik en vriendelik aandag aan gegee.
As ek nie vol bespreek was nie, sou ek jul met liefde geskuif het, al het jul nie die eenheid bespreek nie.
Die afdeling waar u bespreek het is by die Damhutte selfsorg eenhede insluitend Kolgans (die karavaan), wat 'n rustige eenheid is, meer privaat van die ander plekke.
Die eenheid was netjies en skoon gewees, ek het nog 'n ekstra waaier vir jul gebring vir die hitte wat ons ervaar het.
Die miere is ongelukkig deel van die natuur, en ek het dadelik vir iemand gekontak en weer muurgif rondom en in jul plek laat spuit.
In al ons eenhede, die (Old Farmhouse wat 3 ster is) en die Damhutte waar jul bespreek het, het ons 2 plaat stofies in sonder 'n oond. Nog nooit het gaste daaroor gekla nie.
Kolgans se stofie is met 'n doel gelig, omrede die plate op dieselfde hoogte as die venster is.
Ek vertrou dat jul die uiteensetting van die 2 verskillende selfsorg eenhede, nl Damhutte en Old Farmhouse wat 3 ster is, verstaan.
Sou jul weer by ons wou bespreek, bespreek asb by die Old Farmhouse wat 3 ster is.
Vriendelike groete
Wouter D - Des 2023
Algehele gradering
Baie heerlik en mooi.
Jenny B - Aug 2023
Algehele gradering
Beste oorslaap vir langpad Weskus toe.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Goeie middag Jenny
Baie dankie vir jou positiewe terug voering. Ons is bly as ons gaste die rustigheid geniet saam die natuur.
Ons sien uit na jul volgende besoek.
Vriendelike Groete
Helene
Danie B - Apr 2023
Algehele gradering
Die diens en fasiliteite was puik.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Goeie middag Daniel
Baie dankie vir jul terug voering, dis 'n plesier om te hoor hoe ons gaste ons dienste en die stilte van die mooie natuur kan bewonder.
Vriendelike Groete
Kalahari water
Helene
Dale T - Sep 2022
Algehele gradering
The hostess was super friendly and went beyond her duty to ensure we had a good time.
Elize C - Aug 2022
Algehele gradering
Skoon, rustig en veilig.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Baie dankie Elize, vir jou goeie terugvoering. Hul het 'n wegbreek naweek gehad en ons is bly dat jul by ons kon kom rus en ons rustigheid natuur kon ervaar.
Kom kuier gou weer.
Cathleen B - Feb 2022
Algehele gradering
Dit was soos 'n oase in 'n woestyn. Ek het 'n rustige nagrus gehad.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Cathleen, by ons ervaar jy ons Skepper se hande werk met die pragtige, skoon en rustige natuur. Hier kan jy asem skep, die voëltjies hoor sing en die duiwe se koer luister.
Kom kuier gou weer in die rustige Kalahari.
Piet H - Jan 2022
Algehele gradering
Oornag.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Baie dankie Piet, ons is bly dat jy ons stil, rustige en skoon natuur kon ervaar. dis waar ons bied. 'n Unieke, rustigheid vir ons gaste.
Sanet S - Jan 2022
Algehele gradering
Lekker gebly.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Jul het die Hitte van die Kalahari ervaar ,gelukkig het die Lugverkoeler 'n lafinis gegee na 'n lang pad. Die skoon en rustigheid van die natuur en die mooiste van die Augrabiese water valle.
As jul weer die lang pad vat kom kuier gerusweer.
Elmari W - Aug 2021
Algehele gradering
Lekker
Andrea C - Aug 2021
Algehele gradering
Adequate, affordable, comfortable.
Stefan F - Apr 2021
Algehele gradering
Baie sentraal om hierdie deel van die Groen Kalahari te verken.
Lees meerKalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Middag Stefan
Baie dankie vir jul terug voering, dis lekker om te sien as ons Gaste ons rustige omgewing geniet. Ons sien uit na jul volgende kuier op Kalahari water. Die matras het ons vevang dankie dat jul ons inkennis gestel het, party gaste soek 'n sagte matras en ander weer 'n harder een.
Wat die Kurktrekker betref, gelukkig kon die Bestuurder vir jul een gee om te gebruik, ons vervang nie meer nie kurktrekkers in die huise nie, daarvoor het ons geldige redes jammer oor dit.
Ons wil graag ons gaste gelukkig en tevrede sien
Vriendelike Groete
Hèlène
Schenda V - Mrt 2021
Algehele gradering
Baie vriendelike diens!
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Baie dankie Schenda,
Julle is welkom, ons wil graag die ekstra myl vir ons gaste stap en is lekker om te sien dat hul die waardeer.
Tot volgende keer.
Groete
Hester B - Feb 2021
Algehele gradering
Rustige atmosfeer.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Hester,
Is baie waar, om in die skoon stil natuurte wees is 'n ware belewenis. Rus vir die siel.
Tot weersiens.
Groete
Frank S - Jan 2021
Algehele gradering
Pleasant, friendly, beautiful scenery.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Baie dankie Frank,
Bly jul het lekker gekuier by ons, baie dankie vir die positiewe terug voering dit word baie waardeer.
Kom kuier gou weer.
Vriendelike Groete
Hèlène
Jacolien K - Jan 2021
Algehele gradering
Heerlik! Pragtig!
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Jacolien,
Baie dankie vir die positiewe terugvoering.
Dit word baie waardeer en ek is bly dat julle lekker by ons gekuier het.
Die skoon, stil en rustigheid van die natuur is net wat nodig is om te ontspan.
Kom kuier gou weer.
Groete
Hèlène
Kalahari water
Dirk E - Des 2020
Algehele gradering
Oulik, gemiddelde ervaring.
Lees meerJonathan J - Des 2020
Algehele gradering
Lekker plek om af te pak vir 'n dag of 5. Vriendelike personeel en bestuur is aan hand vir enige versoeke.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Baie dankie Jonathan vir die positiewe terug voering ons waardeer dit opreg. Ja ons rustige omgewing , vars en skoon lug doen dit vir lekker rus en ontspan.
Vertrou ons sien gou weer.
Groete
Kalahari water
Helene
Bobby W - Feb 2020
Algehele gradering
Uitsonderlike wingerdplaas. Baie rustig, wens ek kan daar aftree.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Bobby, baie dankie vir die positiewe terugvoering, dis heerlik om in die skoon lug en pragtige stil natuur te ontspan. Ons is bly julle het dit geniet. Vertrou ons sien julle gou weer.
Groete
Kalahari water
Madri/manie J - Des 2019
Algehele gradering
Lekker Kalahari Water.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Mardi en Manie , Baie dankie vir die positiewe terug voering, Dis lekker om te sien dat ons gaste dit op Kalahari water geniet het en tevrede was met ons diens.
Hoop ons sien jul gou weer.
Helene
Detlev T - Okt 2019
Algehele gradering
Redelik.
Elizna S - Jan 2019
Algehele gradering
Heerlik gebly en huis was baie gerieflik. Lugversorger 'n bonus.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Dis vir ons aangenaam om ook positiewe terug voering te ontvang, baie dankie.
Vertrou ons sien gou weer.
Kalahari Groete
Cindy N - Jan 2019
Algehele gradering
Kry die nuutste foto's van die perseel met chalets/tenthuise . Die fotos op die webtuiste is nie die nuutste weergawe van die verouderde perseel nie.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Cindy
Ons respekteer u sterk persoonlike opinie, net jammer u het nie onmiddelik met ons by die kantoor kontak gemaak nie. Ek rig 'n vriendelike uitnodiging tot enige persoon om die genoemde misleidings uit te wys, dit sal baie waardeer word.
Jan K - Des 2018
Algehele gradering
Nee wat, dis nie waarde vir my geld nie. Miskien vir iemand anders.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Jan, dankie vir die terugvoering. Dit is baie jammer dat jul nie werklik waarde vir jul geld gekry het nie. Ons is baie bly om te hoor die muskiete en goggatjies soos muggies en brandassies het nie gepla nie aangesien dit met die groenplante en dam met water by die boerdery 'n uitdaging bly om te beheer.
Nathalie M - Des 2018
Algehele gradering
Dit was wonderlik.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Nathalie, baie jammer dat julle net die diep opslaanswembad tot julle beskikking gehad het. Ons het 18 maande gelede al die familie bespreking vir 30 persone by die 3 ster gastehuis en lapa by die swemdam gekry op voorwaarde dat dit dan net vir hul gebruik is. Dit gebeur selde dat ons so 'n bepreking kry en vra verskoning vir die ongerief.
Riana E - Des 2018
Algehele gradering
Baie lekker gebly.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Baie dankie dat julle by ons op Kalahari Water oornag het, dit is vir ons 'n plesier om ons gaste en honde-kinders tuis te laat voel. Geniet Kleinzee en 'n geseënde kerstyd vir julle.
Ons sien uit na jul volgende besoek,
Kalahari Water-groete
Elize R - Aug 2018
Algehele gradering
Ongelooflike pragtige omgewing en baie vriendelike mense.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Ons is baie bly dat julle baie lekker gebly het. Ons is voorwaar geseend en bevoorreg om in n baie besondere natuurskoon gedeelte met al sy kontraste te woon en daarom wil ons dit graag met ander deel. Julle en almal is altyd baie welkom.
Marina S - Aug 2018
Algehele gradering
Gerieflik.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Baie bly julle het lekker gebly, hoop ons sien weer.
Annalien D - Mei 2018
Algehele gradering
Sal nie aanbeveel nie.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Beste Annalien,
Ek is werklik jammer vir u swak ondervinding en bied nogmaals verskoning aan. Ons poog om ons gaste hartlik te ontvang en 'n aangename rustige plaaservaring te laat beleef.
Soos aan u verduidelik en verskoning aangebied is, is ons baie jammer dat daar niemand by ontvangs was nie aangesien hy in die dorp was vir dringende sake. Ek was binne 5 min nadat u my geskakel het tot u diens. Die oproepe word nie herlei is nie, is soos ek aan u erken het nie aanvaarbaar nie.
Ons swembad is slegs van 1 Oktober tot na die Paasnaweek gevul en beskikbaar vir swem aangesien dit oor tyd bewys is dat niemand gedurende die koue periode van die jaar swem nie. Ek sal die misleidende swembad foto laat vervang, baie dankie.
Ons word duidelik as 'n selfsorg bestemming bemark en nie B&B nie. Ek het u ook in die gastehuis gedeelte akkommodeer en nie in die Dam selfsorgeenhede waar u bespreek het nie. Verder het ek gedurende die naweek by 4 geleenthede persoonlik met u probeer kontak maak, maar was ongelukkig elke keer te vroeg of te laat. U nommer het ook nie geskakel nie en ek het aanvaar dat die rede kon wees dat u uit Namibie kom.
Nogmaals ons verskoning.
Dirk Malan
Deon B - Feb 2018
Algehele gradering
Geen klagtes, goeie waarde vir geld.
Anonieme gas - Mrt 2017
Algehele gradering
Jarries V - Feb 2017
Algehele gradering
Beslis nie waarde vir geld verblyf nie.
Betsie E - Des 2016
Algehele gradering
Glad nie soos wat geadverteer word of fotos wat voorsien word nie.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Die kommentaar op Kalahari Water Holiday Farm vervat in bogenoemde resensie van Jaco Erasmus, soos per e-pos ontvang van Lekker Slaap , verwys, en wens Kalahari Water om by wyse van hierdie skrywe daarop te reageer. Kalahari Water bevestig hiermee en waarborg dat alle foto's wat op sy webtuiste, TravelGround/LekkeSlaap verskyn, 'n ware en juiste aanduiding is van dit wat gaste van hul verblyf en ondervinding op die plaas kan verwag.
Meneer Erasmus het die vakansieplaas besoek op 22 Desember 2016, en het in werklikheid 'n baie klein hoeveelheid van die plaas gesien. Soos genoem in mnr Erasmus se resensie, het hy nie 'n enkele nag op die plaas oorgebly nie. Gevolglik is enige kommentaar, ongeag die meriete daarvan, gebaseer op 'n uiters beperkte en misplaaste waarneming.
Daar is gepoog om met mnr Erasmus telefonies te kommunikeer Vrydagoggend, waarin hy egter sy onbereidwilligheid om die saak te bespreek duidelik gestel het. Tog het hy die verwaarlosing en veral die misleiding deur advertensies en foto’s beklemtoon. Hy het spesifiek na die artikel in “die Weg Sleep van September 2016” verwys as misleidend. Bogenoemde artikel is gepubliseer sonder dat ek eens bewus was van die joernalis se teenwoordigheid, aangesien die oorde as gewone betaalde besoekers inboek. Mnr Bruwer moet asb. spesifiseer spesifiek watter inligting misleidend is, wat nie op standaard is nie en wat op die wingerdplaas verwaarloos is. Daar bly ook geen permanente inwoners in die deel van die oord nie, soos genoem in die kort telefoniese gesprek nie. (Bespeur nogal iets wat grens aan laster.)
Ek persoonlik was die dag 30 m vanaf die kantoor met ‘n funksie besig en die selnommer is duidelik aangebring en dus kon die nr net geskakel word vir diens.
Daar het meer as 100 persone wat die woonwapark, 320 persone wat die selfsorgeenhede, 350 wat die groepfasiliteit (lapa) en meer as 1000 dagbesoekers wat die vakansieplaas besoek het gedurende Desember. Op die 22ste Desember was daar ‘n 60 jarige huweliksherdenkingsfunksie vir 40 persone by “Oupa Piet se Dek” net na die ingang, 30 persone by die lapa en speelparkie met die opslaanswembad voor die ingang na die woonwapark. In die woonwapark was daar geen dagbesoekers gedurende die dag nie. Die dagbesoekterrein is 2,5 km vanaf die woonwapark en chalets.
Kalahari Water Adventure Farm
Dit is ons strewe om ‘n ontspanne, rustige plaasatmosfeer vir ons gaste te skep.
Adele H - Des 2016
Algehele gradering
Baie rustig.
Kobus H - Okt 2016
Algehele gradering
Baie rustige omgewing en gerieflik geleë.
Henk V - Sep 2016
Algehele gradering
Baie vriendelike ontvangs/diens en goeie waarde vir geld in aangename ligging.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Baie dankie vir mooi woorde. Ons deure staan altyd oop vir ieder en elk.
Roderick R - Jul 2016
Algehele gradering
Nie te sleg nie.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Mnr Robertson het aanvanklik klagte gehad dat die boskamp te oop en koud is vir hulle waarna hulle onmiddellik na die "back packers damhuts" oorgeplaas is. Met persoonlike gesprekke tydens hul verblyf en telefoniese gesprek bevestig op 22/7 het hulle skynbaar lekker gebly vir die 2 dae te Kalahari Water. Het klagte dat die foto en beskrywing van boskamp misleidend is.
Hiermee dus voldoening aan Mnr Robertson se openbare versoek en word LekkeSlaap en TravelGround versoek om die River Bush Camp te verwyder van jul advertensies onder Kalahari Water.
Ora J - Apr 2016
Algehele gradering
Rusplek vir 'n moeë reisiger.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Baie dankie vir die resensie, ek waardeer dit.
Dirk Malan
Ora J - Mrt 2016
Algehele gradering
Baie lekker.
Bennie B - Mrt 2016
Algehele gradering
Glad nie beïndruk nie.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Ons het probeer om kontak te maak met gas maar was nie suksesvol nie. Dus kon ons nie meer inligting kry om die probleem aan te spreek nie. Ons kantoor word nie voltyds beman nie. Dit word ook so op ons eie webblad aangedui en self op ons telefoon boodskap, Daar is ook duidelike borde by kantoor. Ons probeer egter om nie langer as 5 min te neem om iemand te stuur nie. Die rondawel kwessie dra geen meriete nie in die opsig dat die besprekings deur LekkeSlaap nie voorsiening maak om 'n spesifieke eenheid te bespreek nie. In die geval is 'n bespreking vir 'n dam eenheid gemaak wat enige een van 6 eenhede kan wees.
Soos voorheen genoem kan daar iets anders wees wat aanleiding gegee het tot die probleem maar ons kan nie die feite van die gas se kant bekom nie. Verder wil ek vir enige gas of voornemende gas, by enige plek vra om altyd so spoedig moontlik die bestuur in kennis te stel van enige probleem van watter aard ook. Ek neem aan, soos by ons, dat daar onmiddellik werk gemaak sal word van 'n probleem. Maar as daar nie kennis gedra word van 'n probleem nie kan niemand aandag daaraan gee nie.
Johnny B - Jan 2016
Algehele gradering
Baie stil, kan goed rus.
Sue P - Des 2015
Algehele gradering
Lekker afgekoel in swembad. Danville is baie oulik en behulpsaam.
Anonieme gas - Nov 2015
Algehele gradering
Francois D - Okt 2015
Algehele gradering
Jy kry waarvoor jy betaal.
Anieka M - Aug 2015
Algehele gradering
Ons het 2 aande daar oorgebly en dit baie geniet.
Alfred F - Aug 2015
Algehele gradering
Sal nie as eerste keuse in die betrokke prysklas aanbeveel nie.
Kalahari Water Holiday Farm se terugvoer
Ons is baie jammer as u mislei voel, maar sal baie graag wil weet watter fotos misleidend is sodat ons dit kan regstel indien ons dit nodig ag. Alle fotos wat op die blad verskyn is onveranderd en geplaas net soos hulle geneem is. Wat die warm water betref is ons ook spyt en jammer oor, maar net die volgende. Mnr Malan (eienaar) het die aand 'n besoek aan u gebring en het vir u gevra of daar enige probleme is en u het niks genoem nie. Ook het hy soos ons gewoonte en gebruik is gesê om hom direk te skakel sodra daar 'n probleem opduik. Wat nie gedoen is nie. Van die reuk kan ek nie kommentaar lewer nie aangesien dit nou 10 dae is nadat u hier tuis gegaan het en sedertdien het ons verskeie gaste in dieselfde eenheid gehad en niemand het nog 'n woord genoem daarvan nie.
Ek vra aan almal wat hier lees, ongeag waar U tuisgaan of beplan om tuis te gaan, meld probleme of gebreke onmiddellik aan. 'n Probleem kan nie opgelos word as daar nie van kennis gedra word nie.
Anton N - Jul 2015
Algehele gradering
Dit is 'n baie mooi plekkie in 'n baie mooi omgewing.
Willem S - Jun 2015
Algehele gradering
Net oornag op pad na die Kgalagadi.
Marita E - Jan 2015
Algehele gradering
Aangenaam en heeltemal voldoende fasiliteite.
Jani D - Jan 2015
Algehele gradering
Lekker!
Pieter W - Des 2014
Algehele gradering
Very nice
Sylvia K - Des 2014
Algehele gradering
Die plaas is netjies en goed versorg.
A J M - Des 2014
Algehele gradering
Baie lekker.
Elize F - Sep 2014
Algehele gradering
Sal enige tyd weer daar gaan bly.
Wouter V - Jul 2014
Algehele gradering
Rustig!
Roenel A - Mei 2014
Algehele gradering
Rustig en stil na 'n lang reis.
- Kapasiteit: 38 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malanshoekweg 7, Keimoes, 8860, Noord-Kaap