Kalkheuvel Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kalkheuvel Cottage is op 'n plaas buite Broederstroom en bied gehalteverblyf wat ideaal is vir 'n gesin of 4 volwassenes wat wil wegbreek.

Die privaat kothuis het slaapplek vir 7 mense in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed met 'n badkamer wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde het 2 enkelbeddens. Daar is 'n deurloop vanaf die tweede slaapkamer en badkamers na die leef area. Die tweede badkamer het 'n stort, bad en 'n wasbak. Daar is 'n aparte toilet met 'n wasbak.

Daar is 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met alle selfsorgbenodighede en die woonkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv dekodeerder. Gaste moet hulle eie slimkaart saambring.

Die kothuis is langs die Wiegie van die Mensdom en langs langs die Leeupark op die R512. Gaste behoort die leeus te hoor brul en daar is heelwat wild, soos kameelperde, elande, koedoes, springbokke en sebras om te gewaar.

Kalkheuvel Private Cottage is minder as 30 km vanaf Sandton, 15 km vanaf Lanseria-lughawe en net 2 ure se ry vanaf Sun City en die Pilanesberg Natuurreservaat. Gaan maak gerus 'n draai by die Wiegie van die Mensdom, die Sterkfonteingrotte, Hartbeespoort se sweefspoor, en bespreek 'n lugballonvaart! Dit is alles net 'n klein entjie se ry van die plaas af.

Let asb. daarop dat die plek nie ideal geskik is vir 6 volwassenes nie, aangesien toegang tot die een badkamer en kombuis slegs moontlik is deur die slaapkamer met 2 enkelbeddens. Ons het 4 groot, vriendelike honde op die perseel. Die swembad is beskikbaar vir gaste se gebruik. Die swembad is egter nie bedek of omhein nie en die gebruik daarvan is op eie risiko.

Kinders is welkom maar neem asseblief kennis van die oop swembad en die groot vriendelike honde.

Dis baie belangrik om kennis te neem van die feit dat die hele eiendom uitsluitlik afhanklik is van solar krag. Gaste moet asseblief krag spaarsamig gebruik veral gedurende bewolkte of reen dae.

Slaapplek

'n Bespreking by Kalkheuvel Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kalkheuvel Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]