LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kapama Private Game Reserve - Kapama Southern Camp | LekkeSlaap
+16

Kapama Private Game Reserve - Kapama Southern Camp

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 122 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kapama Karula, , R40 Pad Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 180 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Kapama Southern Camp is in die suide van die Groot 5-wildreservaat geleë en is die trotse nuwe toevoeging tot die Kapama Privaat Wildreservaat-groep. Kapama Southern Camp bied luukse akkommodasie in 'n wildlodge, hartlike gasvryheid en vriendelike diens in 'n stil omgewing wat perfek is vir die oordeelkundige natuurliefhebber.

Daar is suites, elk met 'n volledige en suite-badkamer en vensters wat die omliggende natuurskoon en voëllewe raam. Die suites is toegerus met lugversorging, 'n kroegie en koffie- en teemaakgeriewe. Privaat stoepe bied aan gaste die geleentheid om aan 'n heerlike skemerkelkie te teug terwyl hulle die wild bewonder. Kapama Southern Camp spog met luukse suites, elk met 'n privaat swembad, storte binne en buite, 'n groot kroegie, koffiemasjiene en 'n romantiese kaggel in kamer en by die bad. Die Southern Camp het 3 gesins-suites en 'n luukse suite met 'n swembad, aparte skakelkamer vir kinders met sy eie bad, stort, dubbelwasbakeenheid en stoep.

Gaste geniet toegang tot die sitkamer en swembad, die ideale plek vir gaste om te ontspan met 'n goeie boek of om die omliggende besienswaardighede in te neem. Die sitkamer en swembaddek is 'n uitstekende uitkykpunt vanwaar gaste wild kan kyk. Gaste kan ook swem en afkoel in die swembad. Die vriendelike kroegman is die hele dag aan diens om smaaklike skemerkelkies te voorsien.

Ontbyt en middagete word in die elegante, oop eetkamer bedien en bied 'n bekoorlike eetgeleentheid. Die omliggende natuurskoon het die kontemporêre, eenvoudige dekor geïnspireer. Die wynkelder is die fokus van die kamer en spog met 'n indrukwekkende versameling Suid-Afrikaanse wyne agter die glas. Gaste kan aandete in die tradisionele boma geniet indien die weer dit toelaat. Kyk hoe die sjefs die diverse en smaaklike disse voorberei onder die sterrehemel langs die vuur. Oop vure word ook gereeld gebruik vir kook, in egte Afrika-styl.

Ligging

  • Kapama Karula, , R40 Pad Hoedspruit, 1380, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kruger tot Canyons Limpopo
Vanaf R6 180
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R6 180
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 122 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kapama Karula, , R40 Pad Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMxNTgyY2NiLWVkMDUtNDE0My05YzYxLTRmODNlYmFiMjg2Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R6 180  per nag (vir 2 persone) Kapama Karula Kapama Private Game Reserve 1380 Limpopo 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -24.455280555556 31.083086111111
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!