Karusa Farm Cottage
Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Karusa Landgoed, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 300R1 040 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Karusa Farm Cottage is in die hartjie van die Kangovallei op die Vogelsang-plaas in Schoemanshoek geleë. Die Karusa-landgoed is op die pad na die wêreldbekende Kangogrotte in Oudtshoorn.
Dié kothuis tussen wingerde en boorde spog met 'n fantastiese uitsig op die berg en oor die omgewing, en is ideaal vir 'n rustige wegbreek. Die kothuis het die minimum kragtoevoer wat hoofsaaklik vir beligting gebruik word. Kerslig en lanterens word voorsien tydens beurtkrag.
Die kothuis het 'n oopplan-uitleg en beskik oor 'n slaaparea, kombuis en 'n en suite-badkamer. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n gas-geyser, stort, wasbak en 'n toilet.
Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, mini yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en ander kookgerei toegerus. Daar is ook 'n binnebraai, eetarea en 'n sitarea met gemaklike sitplek. Buite is daar 'n stoep met buitemeubels en 'n draagbare braai. Die grasperk strek tot by die muskadelwingerde en is ideaal vir sterrekyk gedurende die somer.
Doendinge op die plaas sluit 'n 5 km-voetslaanroete deur die wingerd en 'n 26 km-bergfietsroete op die agterpaaie van Schoemanshoek in. 'n Piekniekmandjie is op versoek beskikbaar.
'n Pakhuis vol gehalte-steenvrugte, 'n wynkelder wat Mediterreense wyne en sy eie MCC produseer, en 'n restaurant wat bekend is vir sy pizza- en tapas-spyskaart is stapafstand vanaf die kothuis. Restauranture: Maandag tot Vrydag 09:30 - 14:30. Saterdag 10:00 - 14:00. Sondag GESLUIT. Doen asb. navraag oor publieke vakansiedae.
Ten laaste bring ons dit graag onder u aandag dat hierdie akkommodasie op 'n werkende plaas is. Beide die eenhede IS VIR selfsorg. Die kothuise skep 'n gevoel van kamp, maar U slaap veilig in 'n sandsteenmuur huisie.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Wynkelder
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Denielle Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 14
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Karusa Landgoed, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Gaste dink Karusa Farm Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oudtshoorn Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Karusa Landgoed, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap