4 gaste
2 slaapkamers
2 beds
1 badkamer
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- 4 gaste
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Facebook
- Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Vogelsang Family Farm Cottage is in die hartjie van die Kangovallei op Vogelsang-plaas in Schoemanshoek, op die R26-roete na die wêreldbekende Kangogrotte. Dié kothuis spog met 'n fantastiese berg- en plaas-uitsig tussen die boorde en is ideaal vir 'n eenvoudige, rustige wegbreek buite die stadsgedruis.
Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, ander kooktoebehore en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.
Ander geriewe sluit 'n binnebraai, eetarea en 'n sitarea met gemaklike sitplek in. Buite is daar ook 'n stoep met meubels, 'n hangmat en 'n draagbare braai. Die grasperk is groot en spog met 'n lieflike peperboom waaronder gaste kan piekniek hou.
Aktiwiteite op die plaas sluit 'n 5 km-staproete, The Vineyard View-roete, deur die wingerde en boorde, en 'n 26 km-bergfietsroete op die agterpaaie van Schoemanshoek in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Denielle Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 28
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Gaste dink Vogelsang Family Farm Cottage het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- 4 gaste
- Geen kinders onder 6
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang