Khayamanzi Guesthouse
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Maraisstraat 21, Khayamanzi Guesthouse, 0216, Noordwes
- Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Khayamanzi Guesthouse is in die hartjie van die Magaliesberge geleë en dit is minder as 'n uur buite Johannesburg en Pretoria. Dit is in die skilderagtige Magaliesberge, in die bekoorlike dorpie, Hartebeespoort geleë wat die Hartebeespoortdam omring. Die area is baie populêr onder natuurliefhebbers, avonturiers en stadsbewoners wat vanaf die helder stadsligte wil ontsnap en in die vreedsame omgewing wil rus.
Die verblyf bestaan uit 10 ruim en-suite dubbelkamers, wat elkeen individueel versier is en spog met 100% katoenlinne. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed behalwe vir drie kamers wat koninggrootte-beddens het. Sommige kamers kan met twee enkelbeddens ingerig word. Daar is ook 'n selfsorg-eenheid met 'n aparte kombuis wat goed toegerus is en 'n aparte leefarea.
Met aparte ingange, kluise en 'back-to-base'-sekuriteit sal gaste 'n goeie nagrus kan kry. Die kamers is ingerig met DStv, gratis koffie en tee, komplimentêre WiFi en kroegyskassies. Daar is braaigeriewe vir al die kamers en baie parkeerplek op die perseel. Die kamers en die swembadarea bied pragtige uitsigte van die Magaliesberge.
Ons bied ook spa-behandelings in die kamers, soos "hot stone" en Sweedse masserings deur gekwalifiseerde terapeute. Motorhuur, lughawependeldiens en toere kan deur ons personeel gereël word.
Die Hartebeespoortdam area bied ongelooflike buitelugsport soos abseil, rotsklim, voetslaan, piekniek, visvang en seil by die dam. Besoek die Wieg van die Mensdom, 'n Wêrelerfenisgebied wat die Sterkfonteingrotte en die Maropeng Besoekersentrum insluit.
Ander nabygeleë aantreklikhede sluit die De Wildt Jagluiperdsentrum, Olifant Toevlugsoord, Chameleon Village Vlooimark, Sun City en Pilanesberg Nasionale Park, Lesedi Cultural Village en verskeie gholfbane en dagspa's in.
O.R. Tambo Internasionale Lughawe is net 'n uur se ry weg en Lanseria Lughawe is net 20 minute weg. Die area bied verskeie verblyf-opsies, heerlike restaurante, kuns, handewerkstalletjies en 'n lekker naglewe.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Carl Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 82
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Maraisstraat 21, Khayamanzi Guesthouse, 0216, Noordwes
- Gaste dink Khayamanzi Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Schoemansville Hartbeespoort Bojanala Noordwes
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Maraisstraat 21, Khayamanzi Guesthouse, 0216, Noordwes