Kiaat Caravan Park

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kiaat Karavan Park is in Hazyview sowat 8 km van die Krugerwildtuin se Phabeni-hek af. Dis ook slegs 35 km vanaf die Paul Krugerhek en 21 km van die Numbi-hek af. Gaste kan oornag voordat hulle die Kruger besoek of 'n ekstra nag in die pragtige karavaanpark bly.

Kiaat Caravan Park is op 'n sitrusplaas langs die Sabierivier met 'n oorvloed voëllewe in 'n pragtige, stil en veilige omgewing waar gaste die natuur kan ervaar.

Daar is 5 groot karavaan- en kampeerplekke en elke plek het 'n kragpunt en braai. Vuurmaakhout word aanvanklik voorsien. 'n Luukse ablusieblok en eetgerei is ook beskikbaar.

Dis in Hazyview naby die Krugerwildtuin en 40 km van die Panoramaroete, Graskop en Sabie af. Plekke soos God's Window, Wonderview en verskeie watervalle kan ook besoek word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kiaat Caravan Park gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R280 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za