Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kingfisher Cottages

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langhoogte-plaas, Pietersfontein, 26 km vanaf Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 495 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kingfisher Cottages het 1 klipkothuis en 3 eko-vriendelike kothuise op die Langhoogte-plaas, net 26 km vanaf Montagu. Gaste kan 'n rustige vakansie geniet. Daar is ook aktiwiteite soos visvang, swem en bergfietsry.

Die Malachite Kothuis is geskik vir 2 gaste en grens aan die hoofplaashuis. Die Giant, Brown-hooded en Pied Kothuise is almal eko-vriendelike kothuise wat van natuurlike materiaal gebou is. Dit is in die vallei geleë, ongeveer 1 km vanaf die plaas.

Malachite Kothuis het 2 enkelbeddens en 2 enkelslaapbanke geskik vir kinders in die sitarea. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, yskassie, alle kookgerei, eetgerei en breekware toegerus. Die eenheid is troeteldiervriendelik indien dit vooraf so gereël is. Dit het 'n aparte ingang met 'n privaat, omheinde tuin met 'n braaiput, buitesitplek, sonstoele en 'n houtvuurwarmbad.

Die Giant, Brown-hooded en Pied Kothuise het elk 2 slaapkamers en is elk geskik vir 4 gaste. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, elektriese yskas-vrieskas, alle nodige kookgerei, eetgerei, breekware en 'n toonbank toegerus. Die oopplan-sitarea en -kombuis het 'n kaggel en buite is daar 'n ingeboude braai en eetarea. Die badkamer het 'n stort en wasbak, asook 'n aparte droë kompos-toilet. Alle linne, handdoeke en beddegoed word voorsien. Die verblyf streef om so klein moontlik impak op die omgewing te hê en bioafbreekbare geriewe en skottelgoedseep word voorsien. Dié 3 eenhede is nie geskik vir troeteldiere nie.

Die Giant, Brown-hooded en Pied Kothuise het 'n gemeenskaplike boma-area met 'n braai en sitplek, asook 'n eko-swembad weggesteek tussen die Klein-Karoobome. Dit is ideaal vir sosiale byeenkomste, familie-reünies, werkswinkels, spanbou en joga-uitstappies. Pied Kothuis het ook 'n houtvuurwarmbad.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 84 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Henrita A
Saam met lewensmaat
5.0
We loved this cosy little cottage that offered a lot more than an ordinary stay. We enjoyed every minute - the peace and tranquility, t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Albe K
5.0
Exceptional place to go to. We had a wonderful stay, beautiful location and exceptionally well-appointed cottages. We hiked the Leopard...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Sias M
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Excellent! Best place to switch off completely, peaceful and absolutely worth it!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Estelle G
Saam met lewensmaat
5.0
Beste plekkie in die berge. Was die beste plekkie om weg te kom van die stad en baie mense. Oulikste plekkie en ons het heerlik staproetes gedoen, gel...
Sien meer
Apr 2025
Juan P
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxation for the soul. Super nice. Big open spaces. Go there if you want the most laid-back relaxing break of your life. Super friend...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Vivian Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 84

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Langhoogte-plaas, Pietersfontein, 26 km vanaf Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kingfisher Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 495
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 495
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langhoogte-plaas, Pietersfontein, 26 km vanaf Montagu, 6720, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAddae0edd5c44229a45ef68bbea30255d60a09ca9fb088f8fab9d90b939c184a31516b21fbd86b60421afcafecdd6faf4c0ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 495 per nag, vir 2 mense 84 5 1 5 Langhoogte Farm Pietersfontein 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.639175215038 19.976493269205

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang