Kingna Lodge Luxury Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kingna Lodge Luxury Guest House is in die pragtige dorp Montagu geleë wat bekend is vir die besoek van oud-presidente en Nobel-pryswenners, Nelson Mandela, en FW de Klerk. Kom geniet wat hierdie mooi Victoriaanse villa bied met sy geskiedkundige dekor en ambiance wat 1898 weerspieël.

Die lodge bied 6 en suite-slaapkamers in 'n antieke Victoriaanse styl, wat almal individueel versier is om die 100 jaar oue Victoriaanse gebou af te rond. Daar is 2 luukse suites, 2 "executive"-, en 2 superieure kamers met privaat-patio's, en 1 met 'n vooraansig na die enorme bergreeks.

Die eiendom is eksklusief, privaat en ten volle beveilig, met 'n manjifieke park-agtige tuin waarin ontspan kan word met die klanke van fonteine en lopende water. 'n Private, toegemaakte swembad, histories-gemeubileerde wynkroeg, Victoriaanse biblioteek, en onderdak veranda, dra by tot die grasie en elegansie waarmee 'n deftige Victoriaanse Villa gebou in 1898 geassosieer kan word.

Ons bedien 'n eersteklas kontinentale en Engelse ontbyt, gekombineer met die beste moontlike plaaslike bestanddele. Ons het 'n vol dranklisensie vir daardie magiese skemerkelkies op die stoep of swembaddek. Die sprankelende swembad, afgesonderd in 'n toegemaakte tuin, verskaf ontspanning, en afkoeling op warm somersdae, terwyl die diep, wye veranda die ideale ligging is vir skemerkelkies.

Persoonlike diens, aandag aan detail in elke opsig, en 'n hartlike verwelkoming, is alles gewaarborgde kenmerke van Kingna Lodge. Die lodge maak spesifiek voorsiening vir volwassenes in 'n ligging wat afgesny is van die hedendaagse hoogs tegnologiese wêreld.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Restaurant op Perseel
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kingna Lodge Luxury Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za