Kingsview Cottages
Kry 10% af vir verblyf wat 9 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: William Lynnstraat 52, Kingsview, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R700R630 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Kingsview Cottages bied 2 privaat selfsorg-eenhede vir oornag-verblyf in Witrivier, Mpumalanga. Dit is stapafstand van die dorp af geleë en is die ideale basis vir besoekers wat Witrivier en Nelspruit wil verken.
Eenheid B beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n dubbelslaapbank. Die badkamer het 'n bad en stort. Daar is ook 'n kombuis wat volledig toegerus is, 'n TV met DStv, 'n patio met 'n tafel en stoele en 'n braai-area buite. Bring asb. jou eie handdoeke saam.
Eenheid C beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het stapelbeddens. Die badkamer het 'n stort. Daar is ook 'n kombuisie, 'n TV met DStv, en 'n tafel met stoele en 'n braai-area buite. Bring asb. jou eie handdoeke saam.
Gaste het toegang tot ons pragtige tuin, die plonspoel en veilige parkeerplek. Doendinge in die omgewing sluit die Krugerwildtuin, die Panorama-roete, en die Barnyard Teater in. Kingsview bied puik waarde vir geld vir vakansiegangers en sakelui.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Ligging
- William Lynnstraat 52, Kingsview, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Gaste dink Kingsview Cottages het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Kingsview Witrivier Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: William Lynnstraat 52, Kingsview, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom