Kleinplaas Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kleinplaas is 'n klein, intieme gastehuis teen die hange van Paarlberg met ongelooflike uitsigte oor die Paarlvallei en Drakensteinberge in die verte. Ons bied selfsorgverblyf met 'n opsie van 'n heerlike ontbyt. Die gebou was eens die ateljee van die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar David Botha. Hy het dit juis gekies vir die omgewing se vreedsame atmosfeer. Oeroue olyfbome en sipresse, wat die kronkelpad na die gastehuise belyn, verwelkom jou hier.

Ons bied 3 en suite-dubbelkamers en 'n kothuis. Die en suite-kamers is uniek gemeubileer en spog met 'n privaat kaggel vir knus winteraande en 'n waaier vir die warm somerdae. Die ruim en suite-badkamer het 'n instapstort en 'n bad. Ekstra komberse, warmwaterbottels en gratis tee- en koffiemaakgeriewe is beskikbaar in elke kamer. Elkeen van die kamers maak oop na 'n terras en daar is 'n beeldskone tuin waar jy ontbyt, en die uitsigte, kan geniet. 'n Aparte kombuis en eetkamer bied selfsorg-geriewe vir diegene wat hul eie maaltye wil voorberei.

Die kothuis in die woud bied afgesonderde verblyf met meer as genoeg privaatheid. Dis ideaal vir 'n gesin of vir 'n paartjie wat vir 'n naweek wil wegbreek. Die kothuis is toegerus met 2 enkelbeddens en 1 dubbel slaapbank. Dis toegerus met 'n kombuisie, 'n eetarea en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort en aparte bad. Geniet 'n braai saam met jou gesin op die terras.

Ons is ook ideaal vir kleiner, intieme troues en funksies. Daar is meer as genoeg foto-geleenthede, hetsy by die stalle, by die ou gietyster-hekke of in die bosveld of tuin.

Daar is verskeie stap- en bergfietsroetes in die berge wat maklik bereikbaar is van Kleinplaas af. Jy kan ook die vreedsaamheid van ons opreggeteelde Arabierperde wat tussen die granietrotse wei, geniet. Buiten die natuurskoon van Kleinplaas, is ons steeds in die middel van die Paarl geleë en na aan al die historiese besienswaardighede en hoogsaangeskrewe restaurante. Kaapstad se Internasionale Lughawe, die Atlantiese en Indiese Oseane, historiese dorpies soos Stellenbosch, Franschhoek en Tulbagh is elkeen slegs sowat 30 min van ons af.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kleinplaas Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za