Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klipheuvels Guest Farm

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Kevin W
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Would highly recommend a stop-over at this Guest Farm to anyone. Perfect, the attention to detail was fantastic and the host was super friendly and accommodating to any of our needs.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerrie S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Sal definitief weer kom. Het vir 2 aande oorgebly, huisie baie mooi en goed geleë glad nie ver van die dorp af nie. Weer was baie winderig en koud, maar die Dover stoof het opgemaak daar voor. Goeie waarde vir geld.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Freddie H
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Beslis 'n plek om oor te bly in daardie omgewing! Dit was 'n baie lekker oorslaap op die pragtige plaas. Weg van alles en tog veilig. Die koolstoof was 'n wenner en het die hele huisie gou warm gemaak. Ongelukkig was ons haastig en het nie tyd op die plaas spandeer nie. Daar was volop eetgerei en potte, panne en braai-gereedskap. Altesaam 'n wonderlike plaaservaring en ons was nie teleurgesteld nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Corné L
1 nag Saam met vriende
5.0
Sep 2024

Baie aangename oorbly in baie mooi stil wêreld. Die oorbly was baie lekker. Jy het alles wat jy sou kon benodig. Ons was net een aand daar, maar dink jy sal lekker gemaklik daar kan bly vir 'n langer tyd. Die plek is uiters netjies en skoon. Ons het nie die WiFi gebruik nie, maar die televisie in die huisie maak wel daarvan gebruik en ons kon lekker sien hoe die bokke speel. Net jammer hulle het toe verloor. Die beeld/sein was baie goed. Die kole stofie was 'n wenner en het die plekkie lekker warm gehou en sal beslis in die winter 'n groot wenner wees. Ek sou net dalk 'n vouskerm by die badkamertjie deel plaas dat die toilet nie direk vanaf die oop kamerdeur sigbaar is nie. Die water in die stort was lekker warm. Die eienaars was uiters vriendelik en het ons met 'n pap motorwiel gehelp en dit gratis vir ons herstel dat ons dit as 'n spaarwiel kon gebruik vir die pad terug, net vir ingeval ons weer 'n pap wiel sou kry. Daar was 'n ekstra matras, maar die bank het baie lekker geslaap. Daar was genoeg beddegoed en ek hoef nie my slaapsak te gebruik het nie. Die beddegoed in die kamer was skoon.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Colleen B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Lovely warm welcome and special attention to detail meant we had a lovely stay. We enjoyed a very comfortable overnight stay on our second visit to Klipheuvels Guest Farm.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Shaleen F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Wou nie huistoe gaan nie. Mense, as jy rus vir jou siel soek in die Karoo tussen sy klipkoppies, dan is Klipheuvels die plek. Ons het laat in die koue op die plaas aangekom, waar Maureen heel vriendelik vir ons gewag het en gou gewys het hoe hulle die mooi ou koolstoof in die kamer aan die gang kry. Behalwe vir die bitter koue, het ons die kuiertjie regtig baie geniet. Ons het gebruik gemaak van die verblyf as ons basis om dan die kontrei beter te leer ken en die grondpaaie tussen die Karoo dorpe te gaan ry. Die omgee vir gaste wys in die detail. Meer as genoeg handdoeke, beskuit, koffie, tee, melk, hout en die dekor. Ons was ook bederf om saam rond te ry op die plaas na die waterpunte vir die skape en na die uitsig op die berg oor die hele kontrei. Ons sien baie uit daarna om weer terug te gaan plaas toe. Mag dit met julle goed gaan. Groete.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anel D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Heerlik gebly by Klipheuvels. Ons het baie lekker gebly by Klipheuvels. Baie netjiese plaas en verblyf. Sal dit vir seker aanbeveel. Baie dankie, Anel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Wayne L
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Besonderse ervaring! Was! Rustig, vreeslik mooi, keurig en sielsalig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lize A
Kort verblyf
4.8
Jul 2024

Plaasverblyf is 'n wonderlike ervaring. Al die geriewe werk en is in 'n goeie toestand. Die gasvrou gaan uit haar pad om jou te akkommodeer, maar gee genoeg ruimte en stilte sodat jy self die omgewing kan inneem. Dis heerlik om op die plaaswerf te bly en die daaglikse aktiwiteite te beleef.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Randall H
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2024

Was mooi, gemaklik, rustig en wonderlike sterre kyk in die donker aand. Bietjie van 'n uitdaging om tot in Fraserburg uit te kom, 100 km grondpad van Sutherland se kant af, wat 'n kar nie kan ry nie. Van daar tot op die plaas was maklik. Mense baie vriendelik en plek se voorbereiding was uitstekend. Hout, sjokolade, pap, koffie en alles wat mens nie noodwendig verwag in 'n selfsorgplek nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Maureen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs Rante AP2259, Klipheuvels Plaas, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA855889bf00ec10fced47dede8866fab5738fa50d2a052cf74197e7b204adfc69e97b5b68bb974c9a7a338cbd66f94301d772?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 38 5 1 5 Off Rante AP2259 Klipheuvels Farm 6960 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -31.988438851656 21.473702893696

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang