Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klipkappertjie

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 44, Soutpansberglaan, Spitskop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R780 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Klipkappertjie is in Splitkop in Bloemfontein. Die gastehuis is op 'n 4 hektaar stuk grond met oop tuine, 'n klein wingerd en vrugtebome. Dis ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers.

Die gastehuis bied 3 stylvolle, gerieflike slaapkamers, elk met sy eie ingang, en suite-badkamer met stort en toiletware, ten volle toegeruste kombuis, lugversorging, TV met DStv, elektriese komberse en koffie- en teemaakgeriewe.

Geriewe op die perseel sluit die volgende in: konferensiegeriewe vir 'n maksimum van 14 afgevaardigdes, trampolien, parkeerplek vir karavane en bote en 'n braai-area. 'n Kontinentale ontbyt, wat in die kamer bedien word, asook braaipakke is op versoek beskikbaar.

Klipkappertjie is binne maklike bereik van die hoof N1-roete, aangrensend aan die voorstad Langenhovenpark, naby hospitale, Vrystaat Universiteit, vernaamste sportstadions, museums, die historiese President Brand-straat met sy erfenisgeboue, inkopiesentrums, die Botaniese Tuine, Oliewenhuis Kunsmuseum en van die beste restaurante in Bloemfontein.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 122 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Divan C
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik. Netjies. Is baie vriendelik en behulpsaam. Die kamer het alles wat jy nodig het en die ligging is goed. Ons sal beslis weer daar oornag.
Mei 2025
Coenie P
Gesin met tieners
5.0
Hartlike, netjiese en bekostigbare verblyf. Hoogs aanbeveelbaar. Klipkappertjie Gastehuis is 'n absolute juweel, weggesteek in 'n stil straat in Lange...
Sien meer
Mei 2025
Js V
Saam met lewensmaat
5.0
Soos voorheen nog steeds 'n mooi rustige plek. Goed toegerus vir selfsorg. Soos voorheen nog steeds 'n mooi rustige plek. Baie netjies en eienaar baie...
Sien meer
Apr 2025
Betsie E
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik, netjies en heerlik. Ons het heerlik gebly! Inklok was maklik en ons het baie welkom gevoel. Dit was baie netjies, skoon, intentioneel toeger...
Sien meer
Apr 2025
Martin D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies, pragtige blyplek. Vriendelik ontvang - beveel beslis aan. Ons het baie lekker oornag.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Leana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 122

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Erf 44, Soutpansberglaan, Spitskop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Klipkappertjie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 780
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 780
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 44, Soutpansberglaan, Spitskop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI1YTY5Y2UxLTBkOWItNGJmNi1hMmE5LWMwMjJhODAzNzA1MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R780 per nag, vir 2 mense 122 5 1 5 Plot 44 Soutpansberg Avenue 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.094236111111 26.141652777778

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang