Kliproos

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kliproos is 'n lieflike en ruim huis in Beaufort-Wes en dis geskik vir 'n gesin of groep vriende. Die verblyf is ideaal vir gaste wat van of na Kaapstad reis of gaste wat die historiese dorp wil besoek.

Die lieflike huis het pragtige houtvloere en geperste staalplafonne. Dis sentraal in die dorp geleë en bied maklike toegang tot verskeie winkels, restaurante en besienswaardighede.

Dit beskik oor 3 slaapkamers met kaste en daar is slaapplek vir 9 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n aparte badkamer. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en 'n kinderbed terwyl die derde slaapkamer 'n stapelbed en 'n dubbelbed het. Al die kamers het lugversorging. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet, bad en 'n wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.

Die ruim kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is 'n sitkamer en eetarea en 'n platskerm-TV met volledige DStv.

Daar is ook braaigeriewe op die stoep en 'n klimraam vir die kinders. Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek op die perseel agter veiligheidshekke.

Slaapplek

'n Bespreking by Kliproos sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
2 x Slaapsaalbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kliproos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 9 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za