Knus in Boekenhout
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Boekenhoutstraat 38, Upper Old Place, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Knus in Boekenhout is ’n knus selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel in Old Place, Knysna. Hierdie woonstel is die ideale basis om die dorp se besienswaardighede en geriewe te verken.
Hierdie woonstel het ’n privaat ingang en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en ’n ruim kombuis en sitarea. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en ’n gedeelde en suite-badkamer met ’n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het ’n solderarea met 1 enkelbed.
Die oopplan-kombuis is met ’n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas en ander toebehore toegerus. Die aangrensende sitarea het ’n bank, TV en ’n houtkaggel. Gaste kan van die braai-area op die patio gebruik maak.
Gaste het ook toegang tot die eienaar se swembad en lowergroen tuin. Veilige parkeerplek vir 1 voertuig is op die eiendom beskikbaar.
Die eiendom word deur bome en die woud omring en bied ’n uitsig oor Thesen Island en die Knysna-meer. Die eiendom is 5 minute se ry vanaf die middedorp en is ongeveer 4 km vanaf Leisure Island en die Knysnakoppe.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Boekenhoutstraat 38, Upper Old Place, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Upper Old Place Knysna Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Boekenhoutstraat 38, Upper Old Place, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom