Klein-Karoo Akkommodasie by Koedoeskloof Guesthouse | LekkeSlaap
+48

Koedoeskloof Guesthouse

14 resensies
Gastehuis
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vanaf 15 Jun 2020 tot 31 Aug 2020.

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dwarsrivier, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R790 R711 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Koedoeskloof Guesthouse is 9 km vanaf Ladismith in die Wes-Kaap langs Roete 62 geleë. Dit is 'n stukkie paradys wat tussen die majestueuse
Swartberge lê en uitkyk op die toweragtige Towerkop-bergpiek.

Die instansie is sowat 450 km vanaf Port Elizabeth en 330 km vanaf Kaapstad se middestad, 'n ideale ligging vir gaste wat tussen dié 2 stede reis.

Verblyf is beskikbaar in 5 en suite-kamers, almal het trappe. 3 van die kamers het aparte deure en lei na 'n ruim veranda wat aan die hoofhuis geheg is en die ander 2 kamers het 'n privaat ingang aan die agterkant van die perseel. Daar is 3 kamers wat elkeen 2 enkelbeddens het wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die ander kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed en die die vyfde kamer het 'n dubbelbed. Dié kamers het ook elkeen 'n en suite-badkamers.

Daar is kraakwit perkallinne met 'n 200-draadtelling, anti-allergiese kussings en duvet-voerings, sagte dekens en warm komberse op die beddens. Vars handdoeke, gratis toiletware en koffie- en teemaakgeriewe is in elke kamer beskikbaar. Die plafonwaaiers bied lafenis in die somer en daar is muurverwarmers vir die koue winters.

Ongelukkig is die kamers nie ingerig vir selfsorg nie, maar daar is wel 'n restaurant op die perseel, DwarsBar. Hier kan gaste lekker ontspan. 'n boek lees en skemerkelkies geniet terwyl hulle uitkyk oor die asemrowende vallei. Ons bied 'n verskeidenheid gourmet burgers en gaste het talle keuses, van bees tot koedoe. Ander maaltye is ook beskikbaar indien vooraf gereël. Ons ontbyt word hoog aanbeveel en sluit vars vrugte in die somer, asook 'n Engelse ontbyt met egte filterkoffie regdeur die jaar, in.

Ons het 2 pragtige Rhodesiese rifrûe. Hulle is mal oor die gaste, maar ongelukkig nie oor ander diere nie en daarom is dié lodge nie toeteldiervriendelik nie.

Koedoeskloof Guesthouse is perfek geleë en kan maklik met 'n motor of motorfiets bereik word. Dié ligging is ideaal vir gaste wat die Klein-Karoo wil verken. Gaste kan vooraf navraag doen oor meer spesifieke doendinge, soos erfenistoere, bergroetes en wyntoere sodat dit voor gaste se aankoms gereël kan word met die regte gidse.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 14 resensies vir Koedoeskloof Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Dwarsrivier, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Koedoeskloof Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Klein-Karoo Wes-Kaap
was R790
Vanaf R711
per nag (vir 2 persone)
was R790
Vanaf R711
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dwarsrivier, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAokeBICD2R4otQCErDRXy8k5swnwn2VaN03gAHi8nELQiF0GjUA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R790, nou Vanaf R711  per nag (vir 2 persone) 14 5 1 5 Dwarsrivier Ladismith 6655 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -33.505287396737 21.170177786351
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za