Kokobela Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kokobela Lodge is 'n selfsorghuis met slaapplek vir tot 8 volwassenes. Daar is 4 ruim en suite-kamers met lugversorging. Al die kamers het koninggrootte-beddens en dubbelklerekaste. Die beddens bied muskietnette. Daar is 4 addisionele enkelbedmatrasse indien nodig vir kinders. Linne en handdoeke word voorsien en die eenheid word daagliks skoongemaak.

Die houtdek strek al langs die westekant van die huis en 3 van die 4 kamers bied direkte toegang tot hierdie dek met uitsigte oor die natuurlike woud. Dis die ideale plek om vroegoggend 'n koppie koffie te geniet of laatmiddag skemerkelkies te drink met jou vriende of familie. Vanaf die vierde slaapkamer loop 'n mens uit na die fontein en die binnehof waar jy onder 'n boom op die bankie kan sit en lees.

Die kombuis, sitkamer en eetkamer bied toegang tot die swembad-patio buite wat net 'n paar tree van die 7de skoonveld af is. Die eetkamerarea het 'n houttafel met 10 sitplekke. Die ten volle toegeruste kombuis bied alles wat jy nodig het: 'n oond en 'n stoof met 'n lugsuier, 'n groot yskas/vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n broodrooster, 'n ketel, ens. Daar is oorgenoeg pakplek en graniettoonbanke regdeur die eenheid. Daar is 'n aparte opwaskamer, uit die oog, met 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroer.

Daar is 'n rusbank met 3 sitplekke en nog 'n bank met 4 sitplekke in die sitkamer. Verder is daar 'n grootskerm-TV, 'n DVD- en CD-speler en satelliet-TV. Die badkamers het almal dubbelwasbakeenhede, 'n stort en 'n toilet. Daar is 2 van die badkamers wat baddens ook het en 1 van hierdie badkamers loop uit na 'n privaat buitestort.

Vir jou gerief is daar 'n daaglikse skoonmaakdiens teen geen ekstra koste. Verder hoef jy ook nie die braai skoon te maak nie, want dit word ook afgehandel as deel van die daaglikse diens.

Die helfte van die patio word bedek deur 'n grasdak en die ander helfte is oop, sodat jy lekker langs die swembad sonbaai. Dis waarskynlik waar jy die meeste van jou tyd gaan deurbring. Dis nou as jy nie besig is om gholf te speel of op safari is nie. Daar is rooibokke op die gholfbaan en hulle kan gereeld gesien word waar hulle om die huis wei terwyl die apies in die bome speel. Kokobela Lodge is die perfekte plek om te ontspan ... dag of nag.

Gaste kan ook gebruik maak van 'n gholfkarretjie.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kokobela Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za