Kololo Game Reserve
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 2 Apr 2024 tot 30 Sep 2024.
- Kapasiteit: 32 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bakkerspas-pad, Vaalwater, Waterberg, 0530, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R13 630R10 904 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kololo Game Reserve is in die beeldskone Limpopo-provinsie, in die hartjie van die Waterberg-biosfeer, geleë. Die reservaat se naam is afgelei van die Sotho-woord vir die klein Afrika-bokkie, die klipspringer, wat ook as die rotsklimmer bekendstaan. Kololo is die ideale safari-bestemming aangesien die reservaat in 'n malaria-vrye gebied met volop wild geleë is. Besoek gerus een van die naburige reservate waar jy die Groot 5 kan sien of kry 'n lokloertjie oor die heining uit die gerief van jou chalet.
Verblyf word aangebied in luukse villas en chalets in die ongerepte bosveld om jou privaatheid en rus te verseker. Kololo is 'n gewilde Limpopo-wildreservaat, net 3 ure se ry van O.R. Tambo Internasionale Lughawe.
Elkeen van die villas en chalets is volledig toegerus en luuks gemeubileer. Daar is ook geriewe soos 'n restaurant, swembad en WiFi beskikbaar op die perseel. Ekstra dienste soos 'n kinderoppasdiens, wasgoeddienste en rolstoelvriendelike wildritte is beskikbaar.
Die reservaat beslaan 3000 ha en is deel van die Welgevonden Wildreservaat, langsaan die Marakele Nasionale Park en Welgevonden Privaat Natuurreservaat in Limpopo geleë. Die reservaat is net 3 ure vanaf die Johannesburg Internasionale Lughawe, 40 km vanaf Vaalwater en 70 km vanaf Thabazimbi.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Maaltye Aangebied
- Alle Etes Ingesluit
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Bakkerspas-pad, Vaalwater, Waterberg, 0530, Limpopo
Sien meer verblyf in Welgevonden Game Reserve Vaalwater Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 32 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bakkerspas-pad, Vaalwater, Waterberg, 0530, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom