Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Komati Kruger Grande 5

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tenbosch-weg, Elsjan Plaas, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R11 550 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Komati Kruger Grande 5 spog met die ideale ligging op die oewer van die Krokodilrivier naby Komatipoort in Mpumalanga. Die lodge bied luukse selfsorgverblyf en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende op soek na 'n rustige wegbreek.

Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 unieke en smaakvolle slaapkamers, 4 moderne badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea, -leefarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, groot instapstort, dubbelwasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in laasgenoemde twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Kraakvars linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n sentrale eiland met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n eetarea met 'n etenstafel met 10 stoele. Die eetarea lei op sy beurt weer na 'n leefarea met gemaklike rusbanke. Die aangrensende sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Gaste kan op hul eie Netflix-, Showmax- en YouTube-profiele inteken.

Die huis het 'n groot stoep met buitesitplek wat 'n uitsig bied oor die wêreldbekende Kruger Nasionale Park. Gaste het ook toegang tot braaigeriewe en 'n lieflike boma-vuurput. Hier kan gaste luister na die seekoeie wat wei en die hiënas wat skaterlag. Dit is die beste manier om te ontspan. Daar is ook 'n plonspoel waarin gaste lekker kan afkoel.

Slaapplek

’n Bespreking by Komati Kruger Grande 5 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Tenbosch-weg, Elsjan Plaas, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R11 550
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R11 550
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tenbosch-weg, Elsjan Plaas, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6456f1c6a0439ef4cf9676034e9acf6f5436a79a699a95c9ce127c57586e38355c0d0393d82946fa33753f05bca3ff19cbc0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R11 550 per nag (plek vir 10) Tenbosch Road Elsjan Farm 1340 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.381264306928 31.875365825281
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem