Komyntjie 3

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Komyntjie 3 is 'n bekoorlike eenheid wat net 'n klipgooi van die strand af in die pragtige Weskus-bestemming, Paternoster, geleë is. Hierdie wegbreekplekkie is perfek vir 2 gaste met 1 slaapkamer en 1 badkamer.

Die slaapkamer is ruim en beskik oor 'n dubbelbed met oorhoofse leesliggies, 'n klein TV met DStv se gastehuis-pakket en 'n laaikas vir ekstra stoorplek. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die oopplan-area bestaan uit 'n ten volle toegeruste kombuis, 'n eetkamertafel vir 2, 'n rusbank en 'n braaiplek. Die pragtige stoep noop gaste om die ongelooflike see-uitsigte te geniet terwyl hulle aan 'n skemerkelkie teug.

Paternoster is sowat 150 km noord van Kaapstad op die R27 en 15 km noordwes van Vredenburg. Vir Kapenaars is dit 'n gunsteling-wegbreekbestemming. Die Weskus is gewild vir sy floraryk en die veldblomme maak van dié plek 'n baie spesiale en ideale bestemming vir blommekyk.

Slaapplek

'n Bespreking by Komyntjie 3 sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Komyntjie 3 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za